Bydrae van maatskaplike werkers tot die aanpassing van die pleegkind in middelkinderjare in 'n pleegsorgplasing
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING:„n Beskrywende studie met „n verkennende inslag is in die studie gebruik om meer kennis en begrip oor die bydrae van maatskaplike werkers tot die aanpassing van „n pleegkind in middelkinderjare in „n pleegsorgplasing, te verkry. Die navorser het bewus geraak van die toename in die gebruik van pleegsorg vir „n sorgbehoewende kind in middelkinderjare, sowel as die tekort aan literatuur in Suid-Afrika oor die bydrae wat die maatskaplike werker lewer tot sodanige aanpassing binne „n pleegsorgplasing. Die genoemde aspekte het gedien as motivering vir die studie. Die bydrae wat maatskaplike werkers het tot die aanpassing van „n pleegkind in middelkinderjare in „n pleegsorgplasing is ondersoek. Die doel van die studie is om ʼn beter begrip te ontwikkel vir die bydrae wat maatskaplike werkers tydens pleegsorgplasing tot die aanpassing van ʼn middeljare pleegkind kan maak.Die literatuurstudie het die aard van pleegsorg ten opsigte van die pleegkind in middelkinderjare weergegee, waarna pleegsorg as „n proses beskryf is: van voorkomende dienste tot permanensieplasing. Spesifieke aandag is gegee aan die pleegkind in middelkinderjare se ontwikkelingsproses asook die bydrae wat die maatskaplike werker maak tot die aanpassing van die pleegkind in middelkinderjare in „n pleegsorgplasing.Aangesien die literatuur meestal konsentreer op die maatskaplike werker betrokke by „n pleegsorgplasing van „n pleegkind in middelkinderjare, het die steekproef bestaan uit 22 maatskaplike werkers wat by twee nie-regeringsinstansies in die Wes-Kaap en Suid-Kaap werksaam is. Die deelnemers is ten minste „n jaar reeds as geregistreerde maatskaplike werkers werksaam en het ook ondervinding in pleegsorgplasings.In die studie is daar gebuik gemaak van die kombinasie van ‟n kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsbenadering, te wete „n geskeduleerde, semi-gestruktureerde vraelys wat beide oop en geslote vrae inhou wat uiteengesit is op inligting wat verkry is uit die literatuurstudie.Die ondersoek het „n bygedra gelewer tot die uitbreiding van kennis en inligting in die maatskaplikewerkpraktyk ten opsigte van die bydrae wat maatksaplike werkers lewer tot die aanpassing van „n pleegkind in middelkinderjare binne „n pleegsorgplasing. Die resultate het grotendeels die literatuurstudie bevestig, te wete dat maatskaplike werkers „n breë spektrum van dienslewering tydens die pleegsorgproses implementer, asook die ouderdom en ontwikkelingsvlak van „n pleegkind in ag neem tydens „n pleegsorgplasing. Eersgenoemde dienste word gerig tot die pleegouers, biologiese ouers, asook die betrokke pleegkinders ten einde dienslewering in die verband te bevorder. Maatskaplike werkers se aandeel in die aanpassingsproses van „n pleegkind in middelkinderjare blyk wisselend te wees. Beperkte tyd en „n groot werkslading verhoed maatskaplike werkers om op „n kontinue basis ondersteuning vir die aanpassing van „n pleegkind in middelkinderjare, sowel as vir die pleegouers in „n pleegsorgplasing te bied.In die aanbevelings is daar gefokus op drie areas insluitende, die bydrae van „n maatskaplike werker, pleegkinders en pleegsouers. Die behoefte aan meer opleiding in die gebied van pleegsorg en ondersteuning in „n pleegsorgplasing, aan maatskaplike werkers, pleegouers en pleegkinders is geïdentifiseer as die sentrale temas.As aanbeveling vir verdere navorsing kan gefokus word op verskeie faktore wat bydraend is tot onsuksesvolle aanpassing binne „n pleesorgplasing met die oog op „n in-diepte beskrywing van hierdie fenomeen, asook die daarstelling van riglyne aan die hand waarvan die aanpassingsproses van pleegkinders en pleegouers tot groter effektiwiteit bevorder kan word. Dit beteken ook dat die rol van die maatskaplike werker met betrekking tot die tersaaklike onderwerp aangepas kan word ten einde sodanige aanpassing meer effektief aan te spreek.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]