Die bewegingsopvoedkundige, H. Isabelle Nel : 'n histories-filosofiese studie
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING:Die bydrae van H. Isabelle Nel tot die vakterrein Menslike Bewegingskunde(MBK) aan die Universiteit van Stellenbosch (US) met spesifieke verwysing nahaar akademiese bydrae en die bydrae wat sy as leier in die professie gelewer het(1950-1985), is ondersoek. Die studie is vanuit 'n histories-filosofieseperspektief benader om die wetenskapsonderbou, soos sy dit gesien het, tedokumenteer. Inligting is ingesamel deur van primere en sekondere geskrewebronne (verslae, notules, artikels, korrespondensie) gebruik te maak, aangevuldeur onderhoude en oop-gestruktureerde vraelyste. Die inligting is hermeneutiesgemterpreteer.Nel se biografiese besonderhede is verskaf. Perspektiewe oor vakontwikkelingis vanuit haar denkontwikkeling gedoen. Beleidsaspekte wat sy aangespreek bet,is die aard en die omvang van die studieterrein, konsepvorming onderliggend aandie vakbenaming en die implikasies vir tersiere opleiding. Nel begrond diesinergie van praktyk en teorie in haar konsep van bewegingsopvoeding.In haar doktorale studie, vorm kinesiologie die uitgangspunt wat die verbandtussen liggaamlike opvoedkunde en ergonomie aantoon. Met haar benadering totdie bewegingsarea, opvoedkundige dans, het sy hierdie teoretiese aspektetoegepas en pionierswerk gedoen in die totstandkoming van 'n unieke benadering,gebaseer op 'n teoreties-gefundeerde rasionaal.In 197 5 is rekreasie op haar inisiatief as 'n praktiese kursus ingestel. Behoeftesvan die gemeenskap en die gebrek aan nie-kompeterende sportsoorte, is hierdeuraangespreek. Nel se denkontwikkeling is weerspieel in die kursus-ontwikkelingwat by die US tot stand gekom het. Die teoretiese onderbou vir skoolliggaamlike opvoeding is verryk met haar navorsing oor neuromuskulereontwikkeling, wat die grondslag van die nasionale kemsillabus (1972) virliggaamlike opvoeding vir meisies gevorm het. Sy is mede-outeur van enkelepublikasies en skryf verskeie artikels. Met die fokus op beplanning, reflekteer sydie geheelbeeld van die studieterrein in haar teoretiese raamwerk virkurrikulering.Nel was instrumenteel in die vestiging van erkenning vir die professie. Haar rolin die stigting (1952) van die Vroue-Afdeling van die Suid-AfrikaanseVereniging vir Sport, Liggaamlike Opvoedkunde en Rekreasie (SA VSLOR) isgedokumenteer. Sy is vereer met meriete toekennings van die Vereniging (1986,1988) en die Staatspresident (1981) vir uitmuntende dliens gelewer en haar vir rolin die erkenning van die vrou en meisie in die professie. As Vise-President(vanaf 1965) van die Jnternatonal Association of Sport and Physical Educationfor Girls and Women (IAPESGW), versterk sy binne- en buitelandse kontak.Haar toewyding is bekroon met die toekenning van die 8ste IAPESGW-kongresin Kaapstad (1977), en by die 1997-kongres in Finland word sy vereer met dietoekenning van erelidmaatskap. Haar volgehoue lidmaatskap van ICHPER(International Council of Health, Physical Education and Recreation) enICSSPE (International Council of Sport Science and Physical Education), tenspyte van politieke druk, verseker dat buitelandse kundigheid in Suid-Afrikabeskikbaar gestel kon word.H. Isabelle Nel het as bewegingsopvoedkundige op akademiese en professionelegebied met begaafde visie Die oop gesprek binne die studieterrein vanMenslike Bewegingskunde en die onderafdelings verseker.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]