已收录 272451 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Biologie van die wingerdfilloksera Phylloxera vitifoliae (Fitch)(Homoptera: Phylloxeridae) in Suid-Afrika
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING:Verskeie aspekte van die biologie van die wingerdfilloksera isbestudeer. Die ondergrondse lewensiklus is in spesiale teelbakke waargeneemen die ontwikkelingstydperk van elke stadium word afsonderlikaangegee. Dit is bepaal dat die ontwikkeling van n eier tot n volwasseradicicolae-wyfie gemiddeld 22 dae duur en dat die ontwikkeling van neier tot n alata gemiddeld 30 dae duur. Die leeftyd en tydperk vaneierlegging van n volwasse wyfie asook die aantal eiers wat geproduseerword, word aangegee. Verskillende gegewens wat in verband met oorwinteringverkry is, word bespreek. Die tyd van voorkoms van die verskillendestadia van die radicicolae-siklus in die natuur, is bepaal. Die aktiewe ·stadium duur vanaf September tot Mei, die oorwinterende stadium vanafApril tot Oktober en nimfe kom voor vanaf November tot April. Met diegegewens verkry, is die aantal generasies per jaar teoreties bepaal.Filloksera is tot op n diepte van 1.2 m in die grond gevind. Daar isvasgestel dat verskillende grondtipes n invloed op die fillokserabesmettinghet. Die besmetting neem af soos die persentasie fyn plusmedium sandinhoud van n grond styg. Opnames het getoon dat 95% van diewingerde met Jacquez as onderstok in die Stellenbosch-area besmet is endat ongeveer 25% van alle wingerde in die Olifantsrivier-besproeiingsgebiedbesmet is.Met behulp van sekere vangapparate is alatae vir die eerste keer inSuid-Afrika in die natuur versamel. Die leeftyd en eierproduksie vanalatae en verskillende aspekte van die voorkoms van die galicolae-siklusword bespreek. Twee metodes is toegepas om morfologiese rasse vanfilloksera·te onderskei. Met behulp van een van die metodes kon verskilletussen die populasies van die twee geografies verskillende areas watondersoek is, aangetoon word.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文