已收录 272983 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Spot, skel en verwante verskynsels in Afrikaans
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie werk is aangepak uit liefde vir my moedertaal en uit erkentlikheid vir die genot wat ek geput het uit diewerke van Langenhoven, die groot moralis en humoris uit my eie kontrei.Die verskynsel wat aanvanklik tot studie-0nderwerp gekies, is was vloek. Samehang met skel, verwens en spot hetalgaande so opvallend geword dat die studie uitgebrei is om ook die verskynsels in te sluit. Ek verirou dat ekhiermee 'n bydrae gelewer het tot 'n dieper insig in die betrokke verskynsels van affek - verskynsels wat, sover mykennisstrek, nog in Afrikaans nog in ander tale gesamentlik so omvattend bespreek en toegelig is.Dit is my dan ook 'n besondere voorreg om hier my opregte dank en waardering te kan betuig teenoor diegene aanwie ek so baie verskuldig is, ak:ademies en andersins.Eerstens ag ek dit 'n groot eer om dank te kan bring aan my geeerde leermeesters : u, prof. W. Kempen, wat mybelangstelling in die grammatika geprikkel het en u, prof. M. de Villiers, wat daardie belangstelling na nuweterreine gevoer het. Waardering word betuig teenoor u, prof. J. Combrink, omdat u na prof. De Villiers sc aftrcde ingewillighet om as my promotor op te tree.Tweedens, my dank aan my ouers vir hulle volgehou belangstelling en bystand met hierdie studie.Derdens,my innige dank aan Jean. Hicrdie proefskrif is nie sonder rede aan haar opgedra nie : sy het baie opgeofferom hierdie proefskrif voltooi te sien.Laastens, 'n spesiale woord van dank aan my Alma Mater vir die voorreg om al my grade daar te kon verwerf het.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文