Die rol van die maatskaplike werker ten opsigte van indiensopleidingsprogramme by tehuise vir bejaardes in die Wes-Kaap
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING:Die doel van die studie is om die rol wat die maatskaplike werker by indiensopleiding intehuise vir bejaardes kan vervul, te bepaal. Die vertrekpunt is om die noodsaaklikheidvan indiensopleiding en die omvang daarvan in tehuise vas te stel. Die mate waarin diemaatskaplike werker by die ontwikkeling, toepassing en evaluering vanopleidingsprogramme betrokke is, word bepaal.In die lig van die vermindering van subsidies en die afskaling van personeel isindiensopleiding noodsaaklik om 'n koste-effektiewe dienslewering aan die bejaarde telewer. Die noodsaaklikheid van indiensopleiding word erken, maar geniet nie altydprioriteit by tehuise nie. lndiensopleiding hou voordele vir die tehuis, die personeel endie inwoners in en behoort 'n integrale deel van dienslewering te vorm.Die betrokkenheid van die ·maatskaplike werker by dienslewering in tehuise en byindiensopl'eidingsprogramme word erken, maar die potensiaal van die maatskaplikewerker en die rolle wat vervul kan word, word nie benut nie. Die betrokkenheid vanmaatskaplike werkers kan besparings meebring en dienslewering verbeter. Riglyne enaanbevelings oor die implementering van resultaat-georienteerde indiensopleiding endie bydrae wat die maatskaplike werker kan lewer, word gemaak .
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]