已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Verkennende analise van Willow Creek gemeente, Barrington, Illinois
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING:Willow Creek is 'n kerk wat alreeds die afgelope paar jaar die kerk aan die gons het. Ekwil amper sover gaan om die stigting van die Willow Creek model as 'n tweedereformasie te beskou, veral te midde van die drastiese teruggrype na die NuweTestamentiese kerk. Nes Martin Luther het Bill Hybels ook 'n stap van geloof geneem, en'iets nuuts' begin wat anders was as waaraan almal gewoond was, om 'n gemeenskap vangelowiges op te rig wat leef volgens die beginsels waarvolgens die vroee kerk geleef het.Net soos wat Hybels besefhet dat die ongelowiges op 'n sensitiewe manier geevangeliseermoet word, so het Luther ook die opmerking gemaak dat diegene wie segeloof aan dade gekoppel is, teruggelei moet word na die geloof, soos wat jy 'n siekpersoon sou begelei, dus baie versigtig. Hy kon maar net sowel die woord 'sensitiefgebruik het. Haendler ( 1981 :28) stel dit soos volg:In his Treatise on good works Luther declared, Therefore, we must not despise those of littlefaith who cling to their ceremonies and perform them as though they were lost in their faithwithout them. They would gladly do right and learn better, but they are as yet unable to grasp itall. Instead one should blame their ignorant, blind teachers, who have never taught them whatfaith is, and have led them so deeply into works.The responsibility for these abuses is thereforethat of the ministers rather than the congregation. Luther drew the following pastoralconclusion: One should gently lead them back to faith in their good time, as one would treat asick person. Dus is ek van mening dat beide Hybels en Luther binne hulle konteks bedienaars is enwas van die boodskap wat hulle glo en geglo het, relevant vir hulle samelewing is en was.Carron ( 2000:51) beskryfWillow Creek as een van 'n aantal posttradisionele kerke, watin duidelike kontras teenoor die konvensionele kerke staan. Kenmerke wat Carron aanhierdie posttradisionele kerke toeskryf, stem baie ooreen met Willow Creek t.o.v. sySoekersensitiewe kerkmodel, en die inligting wat ek daaroor verskaf oorvleuel wel.Carroll stel die kenmerke van 'n posttradisionele kerk soos volg:Groot getalle in vergelyking met die Protestantse kerkeGewilligheid om eeue-oue tradisies prys te gee, met 'n Bybelse uitgangspunt asredeTeologiese konserwatisme, sonder om fundamentalisties te raakTekort aan denominale bandeSterk, entrepreneuriese leierskap, ondersteun deur opgeleide personeel, met baieklem op leke-oefening van geestelike gawesHet 'n spesifieke doel, vera! t.o.v. die identifisering van maniere om 'n spesifiekegehoor aan te spreekGetrou daaraan om lede te lei tot toegewyde dissipels van ChristusGeboue wat geen ooreenkomste toon met tradisionele kerke nie, en wat gelee isom mense van 'n streek te trek, en nie net 'n spesifieke gemeenskap nie.Vermyding van die meeste tradisionele en klassieke vorme van kerkmusiek, omeerder kontemporere musiek in die kerk in te bring.Kleredrag is informeelDienste is uiters profesioneel, en daar word geen druk op besoekers geplaas nie.Groot klem op kleingroepe.Geleenthede vir lede om betrokk:e te raak by 'n verskeidenheid bedieninge, veralop plaaslike vlak.Verwag 'n hoe vlak van toewyding van diegene wat aansluit, wat gepaard gaanmet toewyding aan uitmuntendheid t.o.v. die bedieninge.Wat ek met hierdie studie poog, is om 'n verkennende analise te maak, in sover moontlikvolgens die formaat soos deur Hendriks (1992: 134) voorgehou. Die motivering agterhierdie studie is die vraag na werkbare bedieningsvorme binne die N. G Kerk tradisie,omrede daar 'n afname in lidmaat getalle is, en diegene wat nie meer kerk toe gaan nie,terug 'gelok' moet word, sonder om hulle weg te jaag. Juis omrede Willow Creek sosuksesvol is om ongelowiges te evangeliseer, en dit 'n taak is waarna die N.G Kerkernstig sal moet terugkeer, kan daar by Willow Creek geleer word ten opsigte van hullefunksionering.Wat ek dus in hierdie studie doen, is om eerstens te gaan kyk na die geskiedenis vanWillow Creek, waar die kerk vandaan kom, en die groeipyne wat die kerk ervaar het.Hierdie afdeling is vir my van uiterste belang, omrede die feit dat jy nie iemand regtigken indien jy nie weet waarvandaan hy kom nie. Dus, om vir Willow Creek te analiseer,moet jy weet waarvandaan die kerk kom, en wie die kerk is.Die daaropvolgende hoofstuk handel oor die Soekersensitiewe model waarvolgensWillow Creek funksioneer, ingesluit al die areas binne die kerk wat daardeur geaffekteerword, asook die gevare en voordele van hierdie model.In die laaste hoofstuk gee ek die feitelike data en gegewens weer t.o.v. wat Willow Creekhied, en wie die kerk is. Dit sluit in wat die kerk t.o.v. homself se, wie die kerk is en waarvoor die kerk staan, asook alle geleenthede waar lidmate betrokke kan raak. Laastenstoon ek die opset en ligging d.m.v. kaarte aan.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文