Die kreatiewe skryfonderrigproses - 'n outo-etnografiese studie
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie verhandeling het ontstaan uit die behoefte om navorsingsgeleenthede binne die kreatiewe dissipline van skryfkuns te ondersoek. Dit bied aan die hand van outo-etnografiese en narratiewe skrywes die ervaringe en gevolgtrekkinge van twee spesifieke navorsingsgeleenthede. Die geleenthede bied insig in die voorgestelde wyses waarop kreatiewe skryf onderrig kan word, deur die stimulering van verbeelding en die integrasie van ervaringsgerigte aktiwiteite in die pre-skryffase.Die eerste geleentheid doen verslag oor „n skryfwerkswinkel in die Paarl op uitnodiging van die Taalmuseum en -monument, terwyl die tweede geleentheid in samewerking met LAPA Uitgewers „n boekproses vir Graad 7-leerders tot gevolg het.Die verhandeling bestaan uit vier interafhanklike afdelings in stede van hoofstukke. Dit behels „n metodologiese afdeling (A), wat die studie akademies verwoord en daarstel; twee praktiese afdelings (B en C) met „n vervlegde literatuurstudie in afdeling B; en „n samevattende afdeling (D) wat die gevolgtrekkinge en implikasies bespreek. Verder meer bied die studie „n oorsig van vier belangrike fases in die lewe van die navorser met betrekking tot „n persoonlike kreatiewe skryfreis.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]