Opvoeder as leermediator en die haalbaarheid van die nodige kompetensies soos omskryf in die Norme en Standaarde vir Opvoeders
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die beleid van Norme en Standaarde vereis dat sekere kompetensies bereik word. Met ander woorde, die opvoeder as leermediator word bemagtig deur die Norme en Standaarde om sekere kompetensies te bereik. Onder Norme en Standaarde kyk hierdie studie na die verskillende ratio‟s wat op onderwys betrekking het. Hierdie ratio‟s vorm „n sameloop wat Inklusiewe Onderrig tot so „n mate strem, dat die gewenste kompetensies nie bereik kan word nie. Hoewel Inklusiewe Onderrig nie die enigste faktor is wat Norme en Standaarde bepaal nie, is dit wel „n belangrike een, en hierdie studie fokus dus daarop. Saam met Norme en Standaarde is daar ook sosio-ekonomiese faktore wat Inklusiewe Onderrig strem, en dit word ondersoek.In die lig van die probleme ten opsigte van die leerder:opvoeder-ratio, die leerder:m²-ratio, die woonpersele:skoolperseel-ratio, norme- en standaarde-toekenning, ongelykhede (ekonomiese, ouderdoms- en emosionele en fisiese ontwikkeling), enkelouerskap en fetale alkoholsindroom (FAS), word daar in die verhandeling gekyk na die haalbaarheid van die realisering van die drie kompetensies naamlik die praktiese, fondasionele en refleksiewe kompetensies.Die studie bevind dat die bereiking van kompetensies haalbaar is, mits daar aan die ratio‟s en die sosio-ekonomiese omstandighede gewerk word. Na aanleiding van my navorsing kan die meeste opvoeders verslag doen van hul werksaamhede, maar dit is egter nie die positiewe, progressiewe verslag wat van ‟n leermediator verwag word nie. Norme en standaarde is na my mening nog haalbaar omdat daar bewys is dat leerders, ondanks die negatiewe effek van die ratio‟s, asook die ontoereikende voorsiening (geld, menslike hulpbronne en voorrade) en die ekonomiese en ouderdomsverskille en FAS, tog die potensiaal toon om te leer. Die probleem is egter dat te veel leerders onderpresteer, uit die onderwys- en opvoedingstelsel verdwyn en nie deel raak van die ekonomiese hoofstroom nie. Deur dus aandag te gee aan die stremminge wat ek nagevors het, kan verseker word dat Inklusiewe Onderwys tot sy reg kom, kompetensies bereik word en die opvoeder ‟n suksesvolle leermediasie fasiliteer.SLEUTELWOORDE: Opvoeder, leermediator, Norme en Standaarde, Inklusiewe Onderwys, konseptuele
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]