Onderwysers se sienings van gedragsprobleme in die hoërskool
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING : Sedert 1994 het transformasie in die Suid-Afrikaanse onderwyssektor daartoebygedra dat onderwysers aan talle nuwe eise en uitdagings blootgestel word.Beleidsveranderinge, rasionalisering, 'n nuwe kurrikulum, die afskaffing van lyfstrafen 'n toenemende aantal leerders per klas tel ender die uitdagings wat hanteer moetword. 'n Omvattende transformasieproses vereis in die besonder ook datonderwysers veranderde perspektiewe en sienings sal huldig, veral met betrekkingtot die hantering van leerdergedrag.Die studie het ten doel gehad om 'n duidelike beeld te verkry vanhoerskoolonderwysers se sienings van leerders se gedragsprobleme in dieklaskamer. Die sienings van die skoolhoofde in die onderskeie skole waaruit dieonderwysers geselekteer is, is ook ondersoek. Daarbenewens ishoerskoolonderwysers en skoolhoofde in plattelandse eh stedelike skole se sieningsvan gedragsprobleme tydens die studie vergelyk. Die navorsing het nie gefokus opernstige emosionele en gedragsprobleme nie, maar eerder op minder ernstigegedragsprobleme of steurende gedrag in die klaskamer. Die ondersoek is gebaseerop die aanname dat alvorens daar voorstelle aan onderwysers gemaak kan word tenopsigte van strategiee en tegnieke vir die hantering van gedragsprobleme, ditbelangrik is om eers vas te stel wat onderwysers se sienings en uiteindelikeinterpretasie van leerdergedrag behels.Die ondersoek is onderneem aan die hand van 'n kwalitatiewe studie. Data ishoofsaaklik deur middel van onderhoude en 'n literatuuroorsig ingesamel. Dienavorsingsbevindinge het betekenisvolle insigte oor die sienings vanhoerskoolonderwysers en skoolhoofde van leerders se gedragsprobleme opgelewer.Uiteindelik kan die navorsingsbevindinge as volg opgesom word:Gedragsprobleme by die onderskeie skole word as 'n realiteit erken. Veral insekere skole voel die onderwysers magteloos om 'n verskil te maak.Die oorsake van gedragsprobleme wat deur onderwyers aangedui is, setelhoofsaaklik in die leerder self en in die ouerhuis. Wat betref strategiee vir die hantering van gedragsprobleme, verwysonderwysers na die ignorering van leerders, die verwydering van leerders uit dieklaskamer en die ontneming van pauses by leerders wat gedragsprobleme toon.'n Verhoogde omvang en intensiteit van gedragsprobleme word in stedelike skoleervaar, sodat onderwysers in plattelandse skole hulle professie meer positiefbeleef as die in stedelike skole.Die bevindinge van die studie hou belangrike implikasies in vir onderwysersopleidingbinne die huidige proses van transformasie in die onderwyssisteem. Onderwysersbehoort tydens voordiens- en indiensopleidingsprogramme begelei te word om insigte verwerf in die nuwe perspektiewe waarop leerdergedrag gebaseer is.Onderwysersopleiding behoort onderwysers dus bewus te maak van, en te begeleitot begrip van en insig in die ekosistemiese en bategebaseerde perspektief opleerdergedrag.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]