已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
The acquisition of (in)definiteness in English as a foreign language by Tanzanian L1 Swahili secondary school learners
[摘要] AFRIKAANS OPSOMMING: Die studie waaroor in hierdie proefskrif gerapporteer word, het ondersoek ingestel na dieverwerwing van (on)bepaaldheid in Engels as Vreemde Taal (EVT) deur hoërskoolleerdersmet Swahili as eerstetaal (T1) in Tanzanië. Dit het gefokus op (i) die anaforiese, assosiatieween ensiklopediese kontekste (vir bepaaldheid), (ii) die eerste-verwysing, ondeursigtige endeursigtige kontekste (vir onbepaaldheid), en (iii) die gebruik van lidwoorde in spesifieke ennie-spesifieke kontekste, in geskrewe sowel as gesproke taal.Alhoewel Engels in Tanzanië die onderrigmedium is vanaf hoërskoolvlak, is dit steeds 'nvreemde taal. Gevolglik ontvang meeste leerders slegs blootstelling aan Engels in die EVTklaskamer,en sukkel meeste EVT-onderwysers self met Engels (Qorro, 2006). Dit is dus nieverbasend dat hierdie leerders (onder andere) Engelse lidwoorde op nie-teikenagtige wysesgebruik nie. Die studie het ten doel gehad om vas te stel watter kontekste van die Engelselidwoordstelsel op nie-teikenagtige wyses gebruik word deur Swahili-sprekende EVTleerdersen om, gebasseer op die bevindings, voorstelle te maak aan EVT-onderwysers inTanzanië aangaande watter kontekste spesiale pedagogiese aandag benodig.Terwyl Engels grammatikale bepaaldheid aandui deur sy lidwoordstelsel, dui Swahilisemanties-pragmatiese bepaaldheid aan deur die konteks van interaksie. Om hierdie rede kondata van Swahili-sprekende EVT-leerders gebruik word om in die huidige studie dieLidwoordkeuse Parameter (Ionin, Ko & Wexler, 2004), die Fluktuasie Hipotese (ibid.), dieSintaktiese Misanalise Verklaring (Trenkic, 2007) en die Ontbrekende OppervlaksinfleksieHipotese (Prévost & White, 2000) aan te spreek.Gebaseer op 'n kruislinguistiese analise van Engels en Swahili, was die spesifiekevoorspellings dat Swahili-sprekende EVT-leerders lidwoorde sou weglaat op die elementêrevaardigheidsvlak, en dat hulle sou fluktueer tussen bepaaldheid en spesifiekheid op dieintermediêre vaardigheidsvlak. Die gemengde-metodes studie waaroor gerapporteer word inhierdie proefskrif het die insameling behels van (i) kwantitatiewe data van 163 SwahilisprekendeEVT-leerders deur middel van 'n aanvaarbaarheidsoordeletaak, 'n geforseerdekeuse-ontlokkingstaaken 'n prentjie-beskrywingstaak, en (ii) kwalitatiewe data van 10 EVTonderwysersdeur middel van semi-gestruktureerde onderhoude.'n Analise van die kwantitatiewe data het aangedui dat die leerders die blotenaamwoordfrase-struktuurvan hul T1 Swahili oorgedra het en'naamwoord+voornaamwoord'-afparings gebruik het om bepaaldheid aan te dui in Engels,Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.zavmeestal op die elementêre vaardigheidsvlak. Hulle het ook gefluktueer tussen bepaaldheid enspesifiekheid. Wat die bogenoemde kontekste betref, het nie-teikenagtige taalgebruik meervoorgekom by die gebruik van die onbepaalde lidwoord, die anaforiese gebruik van diebepaalde lidwoord en die nie-deursigtige gebruik van die onbepaalde lidwoord, as by anderkontekste.Die onderhoud-data het gewys dat meeste van die onderwysers nie 'n voldoende vlak vanvaardigheid gehad het in Engels nie, en ook nie voldoende opleiding in die implementeringvan die huidige kurrikulum of kundigheid in die onderrig van die lidwoordstelsel op 'nkommunikatiewe wyse nie. Die bevindings van die huidige studie dui op die noodsaaklikheiddaarvan om die taal-in-onderrig beleid te hersien en om te verseker dat onderwysersopleiding ontvang in die implementering van die kurrikulum en in die gebruik van die Fokusop-Vormbenadering.Die studie sluit af met 'n paar spesifieke voorstelle vir EVT-onderwysers in Tanzaniëaangaande die onderrig van die Engelse lidwoordstelsel aan hulle Swahili-sprekende leerders.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文