Die musieklewe van Stellenbosch 1679 tot 1950
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die motivering vir die ondersoek na die musiekaktiwiteiteop Stellenbosch vanaf die stigting van die dorp in 1679tot die eerste helfte van die twintigste eeu was hoofsaaklikgeleë in n persoonlike belangstelling in dieontwikkelingsgeskiedenis van musiek in Suid-Afrika in die algemeen en in dié van Stellenbosch in die besonder.Die term musiekgeskiedenis impliseer in die verband nieslegs gebeure wat in die verre verlede plaasgevind heten finaal afgehandel is nie, maar eerder 'n lang ontwikkelingsproses waarvan die hede uiteindelik as die produk gesien moet word.'n Verdere belangrike oorweging was die noodsaaklikheidvan 'n histories-wetenskaplike ondersoek na musiekaktiwiteiteop Stellenbosch wat uiteindelik 'n volledige beeld vansodanige aktiwiteite sou gee. Alhoewel daar oor Stellenboschin algemene verband seker meer geskryf is as oor enige anderdorp in Suid-Afrika, is daar tot nog toe slegs oor driemusiekpersoonlikhede van Stellenbosch navorsing gedoen watsy neerslag gevind het in magister- en doktorale verhandelinge,t.w. oor F.W. Jannasch, Hans Endler en Maria Fismer.Daar is dus oor aspekte van die Stellenbosse musieklewegeskryf, maar die volle omvang daarvan is nog nie ten volleontgin nie.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]