Die uitbeelding van kreatiwiteit in die werk van J. M. Coetzee
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: J. M. Coetzee se werke ondersoek dikwels op intense en ongewone wyse wat kreatiwiteitis en hoe dit werk, wat die bronne en oorspronge daarvan is, en verwonder sig aan dieonvoorspelbaarheid van die voorwaardes en katalisators vir, en die aard en uitkomstevan, die kreatiewe proses. Hierdie essay ondersoek eerstens die teoretisering vanliterêre kreatiwiteit deur veral Derek Attridge, wat hy hoofsaaklik baseer op Coetzee sewerk. Tweedens word die komplekse uitbeeldings – of performance – van kreatiwiteit endie kreatiewe proses in Coetzee se oeuvre, spesifiek aan die hand van The Master ofPetersburg en die post-Disgrace werke, ontleed. Daar word gefokus op skeppendekarakters en alter ego's, veral skrywers, wat toenemend hul verskyning in Coetzee seprosa maak. Kwessies van skrywerlike mag, die etiek van skryf, die konflik tussenwerklikheidsvlakke binne fiksie asook tussen werklikheid en fiksie, soos dit uitspeel in diehibriede en eksperimentele laat werke, kom aan bod. Die essay maak dikwels vanstipleestegnieke gebruik in die lees van die betrokke werke. Ander strategieë word egterook ingespan, veral by die lees van die laat werke. Die siening van kreatiewe impuls wataldus blyk, is 'n radikale een. Kreatiwiteit is blind vir moraliteit en dalk selfs etiek. Ditword onder andere gelykgestel aan die epileptiese val. Dit gaan oor die oopstelling vir –en die eksklusiewe verantwoordelikheid teenoor – die onverwagse, dieBeckettiaanse/Derridiaanse proses van 'n produktiewe/onproduktiewe gewag. Dit wordvergestalt deur 'n gebeurtenis wat beslag vind in die onverminderbare eiesoortigheid vandie literêre werk.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]