The lithostratigraphy of Cenozoic deposits along the south-east Cape coast as related to sea-level changes
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING:Senosoiese sedimente langs die suidooskus van dieKaapprovinsie is periodiek deur verskeie outeurs vir meer as'n eeu bestudeer. In hierdie aanbieding word dieIiteratuur saamgevat en vele dubbelsinnige stratigrafieseonderverdelings en definisies opgeklaar.Die Senosoiese afsettings kan volgens oorspronggeklassifiseer word as marien, eolies en fluviaal. Diemariene afsettings, synde strand-, nabystrand-, estuarien oflagunale afsettings geassosieerd met transgressiewe/regressiewe kusIyne, word nou op grond van kenmerkendelitologiese, paleontologiese sowel as ouderdomsverskilleonderverdeel in die Paleogeen Bathurst, Neogeen Alexandriaen Kwaternere Salnova Foraasies. Die Laat-Plioseen totVroeg-Pleistoseen Nanaga Formasie, Middel- tot Laat-Pleistoseen Nahoon Formasie en die Holoseen Schel• HoekFormasie vorm die kus-eoliese afsettings. AI die marieneen marienverwante (eoliese} formasies, gekenmerk deurkalkige klastiese afsettings, is saamgegroepeer in 'nnuutgedefinieerde Algoa Groep. Fluviale afsettings wordonderverdeel in die Martindale, Kinkelbos, Bluewater Bay,Kudus Kloof en Sunland Formasies.Die onderskeie afsettings word gekorreleer met verskillendeseevlakstande deur geologiese tye.Die vroegste Senosoiesetransgressiewe/regressiewe siklus het in die Vroeg-Paleoseenbegin en die hoogste aangetekende elevasie vir die erabereik. Die Bathurst Formasie is waarskynlik gedurendehierdie regressie afgeset. 'n Tweed~ kleiner transgressie/regressiesiklus het plaasgevind gedurende die Laat-Eoseentot Vroeg-Oligoseen. Sover tans bekend, kan geen afsettingin die dagsoomgebied van die Algoa Groep definitief methierdie siklus in verband gebring word nie. Die volgendesiklus, wat 'n transgressiewe maksimum van c. 250 m bereikhet, het begin in die Middel-Mioseen en verstryk in dieVroee Plioseen. Mariene planasie van die kusplatform hetgedurende die transgressie plaasgevind terwyl die AlexandriaFormasie wat tans bo 120 m geleë is, gedurende die regressieafgeset is. Die Vroeg-Plioseen transgressie het waarskynlik'n maksimum huidige hoogte van c. 120 m bereik,waartydens o.a. die 120 m branderstoep en Humansdorpterrasgekerf is. Die Alexandria Formasie tans geleë tussen 60 en120 m, is afgeset gedurende die Laat-Plioseen regressie.Hierdie regressie het verskeie relatief lang stilstande, watwaarskynlik die 106-m, 90- tot 100-m en 84-m branderstoepeverklaar, ondervind. Selfs die 60-m en 52-m kuslyne kontydens hierdie regressie gevorm het. Voorlopigepaleontologiese getuienis dui egter daarop dat die 60-mkuslyn 'n transgressiewe maksimum van 'n daaropvolgendesiklus verteenwoordig, gevolg deur 'n regressie met minstenseen beduidende stilstand by 52 m. Die Alexandria Formasie geleë tussen c. 60 en 30 m, is waarskynlik gedurende hierdieregressie gedeponeer, waartydens ook die Bluewater Bay,Kinkelbos en Kudus Kloof Formasies afgeset is.Gedurende die Kwaternêre transgressie/regressiesiklusse,waarvan minstens vier aangedui word, is die Salnova Formasie(afwesig bo 30 m) afgeset. Die Nahoon Formasie, wat ook opgroot skaal op die kontinentale bank ontwikkel is, isgedeponeer gedurende die laaste twee Pleistoseen glasialetoe seevlakke tot benede -100 m gedaal het. Die SchelmHoek Formasie wat tans nog afgeset word, het ontstaan uitdie transgressiewe maksimum van die Flandriese transgressieaan die begin van die Holoseen.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]