已收录 271055 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Groepwerk binne die gevangenis met oortreders van vader-dogter bloedskande
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING:Oortreders van vader-dogter bloedskande is 'n vinnig groeiende deel van die gevangenisbevolking. Maatskaplike werkers in die gevangenisopset is reeds vir 'n geruime tyd bewus van leemtes wat bestaan tenhulpverlening aan hierdie oortreders.In hierdie ondersoek is gefokus op die kennis, houding en vaardighede waaroor die maatskaplike werkers moet beskik wat groepwerk, die aangewese metodie, met hierdie oortreders wil doen nie slegs is die kennis, vaardighede en houding wat noodsaaklik is teoreties bepaal nie, maar die navorser het ook die kennis, vaardighede en houding van maatskaplike werkers werksaam in die gevangenisopset empiries ondersoek met behulp van vraelyste wat hulle voltooi het. Gebrekkige vaardighede rakende groepwerk met hierdie oortreders, en ook gebrekkige kennis van die kenmerke van die oortreders was deel van die aansienlike aantal leerbehoeftes wat deur die respondente uitgewys is.Gevolgtrekkings is gemaak en aanbevelings is gedoen rakende groepwerk - volgens kognitiewe herstrukturering en gedragsmodifikasie - met die oortreders van vader-dogter bloedskande in die gevangenisopset. Klem is geplaas op die stel van riglyne rakende die kenmerke van die oortreders, oorsaaklike faktore en groepswerk met hierdie oortreders, wat die maatskaplike werkers van hulp kan wees met hulpverlening aan insestuese oortreders in die gevangenisopset.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文