Die geskiedenis van Saldanhabaai, St. Helenabaai en Dasseneiland, 1652-1806
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING:Hierdie ondersoek dek hoofsaaklik die verloop van gebeurtenisselangs die laer weskus van Suid-Afrika vanaf St.Helenabaai tot by Dasseneiland.Dit is onderneem vanweë 'n persoonlike belangstelling in die geskiedenis van die gebied en vanweë die klaarblyklike leemte aan wetenskaplik gefundeerde streeksondersoeke in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing.Aangesien die geskiedenis van die gebied in die tydperk onder behandeling weinig omvattende en deurlopende ontwikkelingvertoon het, is heelwat probleme ondervind. Die beperkte omvang van die ontwikkeling het 'n ondersoek oor 'n lang periode van die geskiedenis met gepaardgaande uitgebreide bronnestudie genoodsaak. Die gebrek aan deurlopende ontwikkeling het dit moeilik gemaak om die materiaal in sinvolle eenhede in te deel. Om die probleem op te los, is besluit om die tematiese en chronologiesebenadering te kombineer.Verreweg die meeste inligting oor die onderwerp is hoofsaaklik uit argivale en letterkundige bronne verkry. Die argivale navorsing is uitsluitlik in die Kaapse Argiefbewaarplek gedoen. Die res van die navorsing is verrig in die Suid-Afrikaanse Biblioteek en die Mendelsohn-biblioteek in Kaapstad en die Carnegie-biblioteekop Stellenbosch. Terreinondersoek het ook interessante inligting verskaf.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]