Ideologie en mag in Bybelinterpretasie :op weg na 'n kommunale lees van 2 Samuel 13
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die rol wat mag en ideologie speel in die konkreteinterkulturele gespreksruimte wat tot stand kom as individue vanuit diverse kontekstemekaar ontmoet rondom Bybeltekste. Die interkulturele gespreksruimte wordteoreties gefundeer vanuit die gesamentlike uitgangspunte van die Feminisme en 'nAfrika-hermeneutiek. Die kommunale ruimte bied hiervolgens teoreties die ruimtewaarbinne individue vanuit diverse kontekste tot hulle reg kan kom in die kollektief.In Hoofstuk 2 van hierdie studie word die hermeneutiese raamwerk waaruit die studiesy vertrekpunte vind, omskryf wanneer die uitgangspunte van beide die Feminisme en'n Afrika-hermeneutiek bespreek word. Die Feminisme beklemtoon die belang van diekontekstuele stem van die individu en Afrika-hermeneutiek stel die kommunaleruimte voor waarin die stemme tot hulle reg kan kom.Die interkulturele gesprek wat in hierdie studie ondersoek word, vind plaas met 2Samuel 13:1-22 as gespreksdokument. In Hoofstuk 3 word 'n multidimensioneleeksegetiese raamwerk beskryf wat gebruik word ten einde 'n deurdagte interpretasievan 2 Samuel 13:1-22 te bied. 'n In-diepte lesing van die teks word gedoen, sowel asideologies(retories)-kritiese en leserrespons-kritiese analises. Ten slotte word in diéhoofstuk verwys na die interpretasiegeskiedenis van die teks vanuit 'n dominantWesterse perspektief asook vanuit die Feminisme en 'n Afrika-hermeneutiesekonteks.Met die tweeledige hermeneutiese raamwerk as uitganspunt, en 2 Samuel 13:1-22 asgespreksdokument, word die empiriese komponent van die studie dan in die volgendehoofstukke beskryf. In die empiriese studie word die teoreties-geformuleerdeinterkulturele ruimte dan 'n konkrete realiteit as kultureel-diverse vroue mekaarontmoet in gesprek rondom die Tamar-verhaal van 2 Samuel 13. Die ontwerp van dieempiriese studie wat in Hoofstuk 5 bespreek word, word in die vorige hoofstuk,Hoofstuk 4, gefundeer deur aandag te gee aan, onder andere, die omskrywing vansleutelterme soos kultuur, ideologie en mag. Die kwalitatiewe data wat ingewin istydens die konkrete interkulturele gesprekke, word daarna geanaliseer en bespreek inHoofstuk 6. Al die data wat ingewin is tydens die studie word as Bylae tot dieproefskrif beskikbaar gestel in 'n aparte meegaande bundel ten einde die lees-envergelyk-proses te vergemaklik. Die gevolgtrekking van die studie, in Hoofstuk 7, bring al die diverse besprekings soos dit in die argument hanteer is, bymekaar en poog om 'n sinvolle interpretasie tebied van hoe mag en ideologie funksioneer in die interkulturele Bybelleesproses.Die teoretiese interkulturele ruimte wat deur die Feminisme en 'n Afrikahermeneutiekas oogmerk gestel word, word dus in die studie geproblematiseer deurte vra na die funksionering van mag en ideologie in daardie ruimte. Vanuit 'nkwalitatiewe analise van die data wat ingewin is tydens die empiriese komponent vandie studie, word dit duidelik dat die interkulturele ruimte 'n besondere spasie biedwaarin individue tot hulle reg kom en waarin verandering gefasiliteer kan word. Ditwil egter verder blyk dat hierdie ruimte nie sonder uitdaging is nie aangesien dieinterkulturele ruimte nie die invloed van die magsdinamika vryspring nie. Daar isbevind dat die interkulturele gespreksruimte 'n besondere instrument is wat ingespankan word ten einde sosiale transformasie te fasiliteer, maar dit moet met grootomsigtigheid hanteer word.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]