Gestruktureerde regsgefundeerde metodologie vir die inkomste-kapitaal riglyne en verwante subjektiwiteitsvraagstukke in die Suid-Afrikaanse inkomstebelastingreg
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die vraagstuk wat in die studie ondersoek word, is of daar groter regsekerheid ten opsigte van die toepassing van die onderskeie inkomste-kapitaal riglyne by ontvangste in die Suid-Afrikaanseinkomstebelastingreg verkry kan word deur:i) die onderliggende gedagterigtings wat die formulering van die betrokke riglyne ten grondslag lê, te ondersoek en toe te pas;ii) die geformuleerde riglyne meer noukeurig te omskryf;iii) die toepassingsveld van die onderskeie riglyne te oorweeg: eniv) 'n psigologiese onderskeid te tref tussen die verskillende tipes subjektiewe ingesteldhede wat 'n individu kan openbaar en die tipe wat vir die inkomste-kapitaalriglyne relevant is, te identifiseer.In die oplossing van bogemelde vraagstuk word aan die volgende aspekte aandag geskenk:i) Die ontwikkeling en toepassing van die riglyne wat die howe in Australie, Nieu-Seelanden Suid-Afrika geformuleer het om 'n onderskeid te tref tussen ontvangste van 'n inkomste- en kapitale aard. Die ontwikkeling van die relevante riglyne in dieAustraliese en Nieu-Seelandse inkomstebelastingreg word oorweeg omdat:(a) die grondslag van inkomstebelasting in die lande wesenlik ooreenstem metSuid-Afrika;(b) die howe daar na dieselfde brongesag verwys as uitgangspunt vir die ontwikkeling van die riglyne om 'n onderskeid te tref tussen ontvangste van 'ninkomste- en kapitale aard;(c) die howe in Nieu-Seeland na gesag in Suid-Afrika verwys het by die toepassing van sekere riglyne om tussen ontvangste van 'n inkomste- en kapitale aard te onderskei;(d) die howe daar nuwe toepassings vir die bestaande riglyne ontwikkel het en die moontlikheid bestaan dat hierdie toepassings ook in Suid-Afrika aangewend kan word; en(e) die howe in die Suid-Afrikaanse inkomstebelastingregspraak al hoe meer na Australiese regspraak verwys as gesag vir hulle uitsprake.ii) Die standpunt dat die premis wat die riglynformulering deur die howe ten opsigte van die onderskeid tussen ontvangste van inkomste- of kapitale aard ten grandslag lê,inderdaad gebaseer is op 'n klassifikasie van die onderliggende transaksies wat dieontvangste genereer.iii) Die grondslag van voorgemelde riglyne, dit wil sê pas die howe die riglyne toe deur die subjektiewe ingesteldheid van die belastingpligtige in ag te neem, of word die riglyne bloot op objektief waarneembare feite gebaseer wat 'n aanduiding gee vandie aard van die ontvangste, of is dit subjektief sowel as objektief.iv) Die relevante tipe subjektiewe ingesteldheid wat deurslaggewend is indien die subjektiewe ingesteldheid van die belastingpligtige 'n belangrike rol speel by die toepassing van die riglyne.'n Samehangende metodologie word formuleer wat die howe en belastingpraktisyns kanaanwend om op 'n logiese en konsekwente wyse die relevante riglyn te identifiseer en toe tepas om die inkomste- of kapitale aard van die betrokke ontvangste te bepaal. Die aanwending van hierdie metodologie sal tot groter regsekerheid in die inkomstebelastingreg bydra omdat die identifisering en toepassing van die relevante riglyn op die feitestel in oorweging op 'n gestruktureerde en gefundeerde grondslag sal plaasvind.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]