Die meetbare effek van 'n elektroniese skryflaboratorium : 'n loodsprojek aan die Universiteit van Stellenbosch
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die geografiese ligging van enige bepaalde skryflaboratorium maak dit dikwelsmoeilik vir verafgeleë afstandonderrigstudente om 'n konsultasie te ontvang. 'nVeeleisende klasrooster kan dit vir residensiële studente enersyds problematiseer om'n nabygeleë skryflaboratorium fisies te besoek vir hulp rakende 'n spesifiekeskryfopdrag. Hierdie twee studentegroepe benodig gewoonlik addisionele skryfhulpom die tekskwaliteit van hulle geskrewe tekste te verbeter.In hierdie werkstuk het die navorser gevolglik ondersoek ingestel of 'n elektronieseskryflaboratorium, gegrond op die bestaande World Wide Writing (WWW)-model, 'nstatisties beduidende effek gelewer het om studente se skryfvaardighede te verbeter.Die teoretiese raamwerk vir hierdie loodsprojek is verskaf deur Bereiter enScardamalia (1987) se tweeledige skryfprosesmodel. Laasgenoemde model het 'nbelangrike komponent van die ondersoek gevorm om die ontwikkeling van diehersieningsfase(waarmee ook herskrywing bedoel word) in die skryfproses te illustreer, nadat dieproefpersone blootgestel is aan 'n skryfadvies oor paragrafering.Altesaam 67 tweedejaarproefpersone van die Universiteit van Stellenbosch het dieopdrag ontvang om verbeterings aan die paragraafstruktuur van hulle oorspronkliketeks aan te bring, ná verwysing van die elektroniese skryflaboratorium wat skryfhulpaangebied het in die vorm van web-advies. Hierna het die proefpersone ook 'nvraelys voltooi om hulle houding ten opsigte van die web-advies bloot te lê. 'nGeselekteerde ekspertpaneel het gevolglik die paragraafstruktuur van die tekstegeëvalueer en sodoende aangedui of die tekskwaliteit verbeter het of nie. Hierdieresultate is uiteindelik gebruik om die effek te meet wat 'n elektronieseskryflaboratorium uitgeoefen het om die hersieningsfase van die skryfproses tebeheer.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]