Agogiek in historiese perspektief met spesiale verwysing na die 18de eeu
[摘要] VOORWOORDDie twintigste eeu beleef 'n besondere belangstelling in die outentieke uitvoering van ou musiek endit is 'n studieveld wat reeds uitgebreid nagevors is. Desondanks bestaan daar steeds baievraagstukke aangaande sekere uitvoeringspraktyke en styltipes en hoe ouer die musiek, hoe meerproblematies word 'n outentieke uitvoering, veral as gevolg van die groot verskille tussen diemoderne en ou instrumente, die speeltegnieke en die dikwels ontoereikende notasie.Die teoriee wat die twintigste eeuse musici aangaande die uitvoeringspraktyke geformuleer het, ishoofsaaklik gebaseer op ou geskrifte, verhandelinge en onderrigboeke uit die onderskeiestyltydperke. Daar bestaan baie teenstrydighede tussen hierdie teoriee, veral met betrekking totdie musiek van die Barokperiode. Die uitvoering van musiek van die Klassieke en veral dieRomantiese periodes is minder problematies en die redes hiervoor is hoofsaaklik die volgende: Dienotasiesisteem het reeds tydens die Hoog-Klassieke tydperk tot sy huidige vorm ontwikkel. Verderhet musiekkritiek en -geskiedskrywing segert die agtiende eeu toenemend meer aandag geniet enbestaan daar dus meer inligting aangaande uitvoeringspraktyke.Ten spyte daarvan dat hierdie na vorsing reeds dekades gelede begin het, is daar steeds grootonkunde daaromtrent en word daar dikwels min aandag gegee aan die outentieke uitvoering van oumusiek. Hierdie studie is 'n paging om die navorsing wat reeds gedoen is krities te ondersoek en 'nmoontlike samevatting daarvan te gee.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]