Veerkragtigheidskenmerke van gesinne waarvan ʼn kind geboelie word
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Afknouery is 'n algemene verskynsel onder laerskoolkinders. Alhoewel afknouery dikwels as 'nnormale deel van die grootwordproses beskou word, dui verskeie ondersoeke op die negatiewesosiale, sielkundige en fisiese gevolge wat daarmee gepaard gaan. Wanneer 'n kind geboelie word,raak dit noodwendig die hele gesin. Elke gesin het egter unieke eienskappe of maniere om krisisse(soos afknouery) te hanteer en daarby aan te pas. Gesinsveerkragtigheid verwys na die gesin severmoë om weerstand te bied teen, en te herstel na, ontwrigtende lewensuitdagings. Die doel vanhierdie ondersoek was om vas te stel watter gesinskenmerke geassosieer kan word met goeieaanpassing van gesinne waarvan 'n kind geboelie word.Die studiepopulasie was gesinne met laerskoolkinders wat vir ses maande of langer geboelie is indie voorafgaande drie jaar, en wat in die Suid-Kaap woon. Ma's het as verteenwoordigers van hulgesinne opgetree en namens die gesinne aan die ondersoek deelgeneem. Agt-en-veertigverteenwoordigers van gesinne het elk sewe selfvoltooiingsvraelyste asook 'n biografiese vraelysmet twee oop einde-vrae voltooi.Die resultate van die kwalitatiewe data het getoon dat gesinne veral deur die afknouery geraak isdeurdat die kinders wat geboelie is, negatiewe emosies soos hartseer ervaar het. Die meeste gesinnehet die afknouery hanteer deur met 'n onderwyser, skoolhoof of die beheerliggaam te gaan praat, ofdeur raad te gee aan die kind wat geboelie is. Die resultate van die kwantitatiewe data, wat metbehulp van korrelasies en regressie-ontledings verkry is, het die volgendegesinsveerkragtigheidskenmerke geïdentifiseer: die kwaliteit van gesinskommunikasie, positiewekommunikasiepatrone wat omgee en ondersteuning oordra, standvastigheid en duursaamheid vandie gesinseenheid, die gesin se gevoel van interne sterk punte, betroubaarheid en die vermoë omsaam te werk, die gesin se pogings om vernuwend en aktief te wees, om nuwe dinge te probeer enom te leer, die mate waartoe die gesin roetines gebruik en handhaaf, die gesin se klem op dievasstelling van voorspelbare kommunikasie tussen ouer en kind, die gesin se klem op dievasstelling van voorspelbare roetines om 'n kind se gevoel van selfbestuur en orde te bevorder,asook die gesin se klem op saamwees.Die bevindinge van hierdie ondersoek vul 'n leemte in die literatuur oor gesinne waarvan 'n kindgeboelie word. Dit kan nuttig aangewend word in die beplanning en ontwikkeling van intervensiesom hierdie gesinne te versterk en meer veerkragtig te maak. Die geïdentifiseerde gesinskenmerkelaat ook die moontlikheid oop vir verdere navorsing om hierdie kenmerke in meer besonderhede teondersoek en te beskryf.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]