已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die rol van gender in die huwelik as sosiale instelling : persepsies van blanke Afrikanerstudente
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die vraag wat in hierdie tesis aangespreek word, is hoe genderrolle in die samelewing geskepword. Die rol van die huwelik as sosiale instelling word in diepte bespreek en diefunksionaliteit van die instelling word bevraagteken. Genderrolle in die samelewing worddeur sosialiseringsagente gekonstrueer. Die sosialiseringsagente sal in hierdie tesis onder dieloep geneem word en van nader beskou word. Die studie wou die tendens navors dat diesamelewing tans as meer liberaal en nie-tradisioneel gesien word. Dit wil egter voorkom ofhierdie skuif nie werklik in alle instellings plaasgevind het nie. Tradisionele waardes blyksteeds onderliggend aan sommige instellings in die samelewing te wees en ten grondslag te lêaan talle instellings.Die data vir hierdie studie is deur middel van kwantitatiewe asook kwalitatiewenavorsingsmetodes verkry. Fokusgroepe is gebruik aangesien dit as die basis vir die vraelysen navorsing sou dien. Die vraelys sou dien om óf navorsing wat reeds bestaan tebevraagteken, óf om navorsing te bevestig. Vraelyste is of deur middel van ʼn ontmoeting aanrespondente oorhandig of aan respondente wat deur middel van die 'sneeubal' effek verkry is,ge-e-pos. Die kriteria wat gebruik is vir die proefgroep was blanke AfrikaanssprekendeChristelike studente aan die Universiteit van Stellenbosch. Hierdie spesifieke groep is gekiesaangesien hulle steeds as tradisioneel gesien kan word in teenstelling met studente wat in diealgemeen as liberaal en vrydenkend gestereotipeer word. Die botsing van waardes is veralmet die fokus op godsdiens ondersoek, en die impak van godsdiens op die huwelik isbestudeer. Die voltooide vraelyste is statisties verwerk deur gebruik te maak vanSTASTISTICA, ʼn elektroniese data-verwerkingsprogram.In hierdie tesis het sewe breë temas uit die vraelyste na vore gekom. Eerstens word diehuwelik en die nukleêre gesin as belangrike asook noodsaaklike instellings in die samelewinggesien. Tweedens, word genderrolle in die samelewing gekonstrueer. Derdens, is gelooffundamenteel in die huwelik. Vierdens is die rol van die vrou in die huwelik om haar man teondersteun. Die volgende tema wat beskou word, is dat Afrikaners as kultuurgroep steedskonserwatief is ten opsigte van hul keuse van 'n huweliksmaat, en dat hulle verkies om slegsvanuit hul kultuurgroep 'n huweliksmaat te kies. Sesdens beïnvloed die massamedia assosialiseringsagent nie werklik persepsies van die huwelik nie, maar eerder seksualiteit.Laastens is ouers as sosialiseringsagente veral belangrik in terme van die rol van die vrou iniidie huwelik. Daar is slegs ten opsigte van persepsies oor seksualiteit, die huwelik asook dieAfrikaner as kultuurgroep, ʼn beduidende statistiese verskil tussen manlike en vroulikerespondente gevind.Uit die studie blyk dit dus dat genderrolle sosiaal deur die samelewing gekonstrueer word endat sekere sosialiseringsagente die raamwerk bied waarin persepsies oor gender gevormword. Die huwelik blyk steeds ʼn instelling te wees wat ʼn belangrike rol in die samelewingvervul. Die verdeling van arbeid in die huwelik blyk problematies te wees aangesien dietoetrede van vroue tot die arbeidsmark, die nukleêre gesin beïnvloed en verander het. Uit diedata wil dit voorkom asof 'n kontras bestaan tussen die nie-tradisonele waardes van diemoderne samelewing en tradisionele idees wat steeds deur godsdiens ondersteun word.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:6      统一登录查看全文      激活码登录查看全文