Exploring the influence of role models on theCareer development process of school-goingAdolescents from a low-income community inSouth Africa
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit is alombekend dat rolmodelle `n formatiewe invloed op die lewe van individue kan uitvoer.Terwyl adolessente in lae-inkomste gemeenskappe gekonfronteer word deur verskeieloopbaanhindernisse, word daar beweer dat die teenwoordigheid van `n positiewe rolmodel dieloopbaankeuses en algehele lewe van hierdie adolessente kan bevorder. Dit is daarom belangrikom te bepaal hoe rolmodelle die persoonlike- en beroepskeuses van jongmense beïnvloed. Diehuidige studie poog daarin om die invloed van rolmodelle op die loopbaanontwikkelingsprosesvan hoërskoolleerders in `n Suid-Afrikaanse informele nedersetting te beskryf. Hierdiekwalitatiewe studie het die narratiewe geeksamineer van nege Graad 11 leerders tussen dieouderdomme van 16 en 20, van 'n lae-inkomste, grootliks isiXhosa-sprekende, peri-stedelikegemeenskaap in die Kaapse Wynland Distrik van die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die narratiewewas toegelig deur die gebruik van semi-gestruktureerde onderhoude en een fokusgroeponderhoud. Deur gebruik te maak van tematiese analise, het hierdie studie gepoog om teidentifiseer wie die leerders as hul rolmodel(le) geselekteer het asook hoekom, hoe die gekoserolmodel(le) `n beduidende rol in die leerders se beroeps- en lewensplanne gespeel het, en hoedie leerders die aanloklike eienskappe van hul gekose rolmodel(le) toegepas het tot hul algeheleberoeps- en lewensplanne. Die deelnemers se narratiewe was gekontekstualiseer op grond vandie beginsels van die Sosiale-Kognitiewe Loopbaanteorie. Die bevindinge van hierdie studiedui daarop dat die invloed van rolmodelle, tesame met kulturele waardes, `n deurslaggewenderol speel om jongmense se besluite in te lig oor hoe hulle hul toekomstige beroepe kies en hoedie rolmodelle hul algehele beroeps- en lewensplanne beïnvloed.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]