已收录 268920 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die wet van opvolging van begripsoorte in bywoordreekse in Akrikaans
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is om vas te stel of daar in vrye, onafgebroke bw.-reekse in Afrikaans enige woordordelike sisteem bestaan waarvolgens die verskillende begripsoorte (tyd, modaliteit, plek en (graad) wyse (vergelyking) gejukstaponeer word. Daar word dus gepoog om vas te stel of hierdie verskillende begripsoorte altyd in enige volgorde voor of na die ww. waarmee die reeks saamgaan, kan staan, en indien nie, waarin die beperking op die willekeurigheid van die orde lê, en wat die orde is wanneer dit nie willekeurig is nie. Dit gaan dus hier om wat die wet van opvolging van begripsoorte1) in vrye , onafgebroke bw.-reekse genoem kan word. Hierdie term word deur prof. W.Kempen gebruik in sy Woordvorming en Funksiewisseling inAfrikaans 2) en in sy Die vry pre-adjunk in Afrikaans wysdr. M.J. Posthumus ook op die opeenvolging van pre-adjunkte 3). Hoewel studies oor woordvolgorde nie baie is nie,is daar wel 'n aantal publikasies hieroor wat vir ons vanbelang is . Ek noem die volgende:In sy Structurele Syntaxis raak prof. A. W. de Grootnet aan die kwessie met die opmerkng: Miisschien bestaatbv. een neiging de bijwoorden van plaats achter die van tydte zet ten, dus voorrang te verlenen'' 4 ) en sluit die betrokke paragraaf af met die woorde : zoals gezegd is eennader onderzoek hier ze er gewenst 5). Sedertdien verskyndaar artikels van H. Roose oor Kategorieen van voor geplaatste bepalingen by substantieven 6) en The order of post-adjucnts to nouns in Dutch 7) Ook dr. H. F. A. van der Lubbe maak 'n (meer volledige) studie oor die Woordvolgorde in het Nederlands 8), waarin hy die volgorde van bepalings by veral s.nwe, v.nwe., telwoorde, b.nwe en bweondersoek. Ek gaan egter nie in op die volgorde van verskillende bepalings by die ww. (di e bw.-reeks dus) nie. In Afrikaans bestaan daar geen gepubliseerde studie oor die volgorde van die verskillende bwe . in ·n reeks nie . Die studie is dus aangepak met die doel om na te gaan hoe die verskillende begripsoorte (tyd , wyse e.d.m. ) opmekaar volg in vrye onafgebroke bw .-reekse in Afrikaans.Ten slotte dien hier net daarop gewys te word dat diebegrippe bysin en hoofsin in hierdie studie nog gebruikword in die tradisionele opvatting van die begrippe.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:6      统一登录查看全文      激活码登录查看全文