The perceptions of carers regarding non-adherence to immunisation schedule
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING : Kinder-immunisasie is 'n belangrike ingryping om die aantal kindersterftes te verminder. Die Uitgebreide Program oor Immunisering word dus in Suid Afrika gebruik om kindersterftes te help voorkom. Alhoewel immunisasie-dekking in Suid Afrika effektief blyk te wees, presenteer die Wes-Kaap met 'n hoё terugvalsyfer. Die doel van hierdie studie was om die persepsies van versorgers met betrekking tot nie-nakoming aan die immuniseringsprogram te verken.'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp, met 'n fenomenologiese benadering was tydens hierdie studie toegepas. Die studie het van 'n doelgerigte steekproef gebruik gemaak om die versorgers van kinders, woonagtig in die Oostelike sub-distrik van Kaapstad, te selekteer. Die navorser het van 'n semi-gestruktureerde onderhoudsriglyn gebruik gemaak, wat na aanleiding van die doelstellings van die studie ontwerp is. Die onderhoudsriglyn is deur die promotor en mede-promotor van die studie gevalideer. Die Etiekkomitee van die fakulteit van Gesondheidswetenskappe, Universiteit van Stellenbosch, het vergunning vir die uitvoering van hierdie studie verleen, terwyl die Wes-Kaapse Stadsgesondheid toestemming vir die beplande onderhoude by die onderskeie klinieke gegee het. Skriftelike toestemming is van elke deelnemer, voor aanvangs van die onderhoud tydens die studie verkry.Vier temas het vanuit die studie-uitkomstes, rakende die moontlike redes vir nie-nakoming aan die voorgestelde immuniseringskedule deur versorgers van babas voortgespruit, naamlik toeganklikheid van klinieke, kennis van ouers, ander verantwoordelikhede en die houding van personeel. Die bevindings van die studie het die Strategiese Adviserende Groep van Kundiges se raamwerk ondersteun, naamlik dat veelvuldige faktore die huiwering rakende entstof kan beїnvloed, byvoorbeeld sosio-kultureel, omgewings, gesondheidsisteme, of institusioneel.Die studie het tot die slotsom gekom dat die gebrek aan gesondheidsorgopvoeding, geweld en sosio-ekonomiese faktore die nie-nakoming aan die immuniseringsprogram sterk beïnvloed het. Verdere navorsing word aanbeveel ten einde die insette van deelnemers vanaf `n breër sosio-ekonomiese agtergrond in die Wes-Kaap te bekom.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]