已收录 268920 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Opvoedkundig-verantwoordbare kurrikulummodel vir formele skoolonderwys in die Republiek van Suid-Afrika : 'n fundamenteel-opvoedkundige ondersoek
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING:Die opvoedkundige verantwoording van die skoolkurrikulum is 'n prioriteitsaangeleentheid in 'n gemeenskap wat vir sy kinders omgee en hulle deur opvoedende onderwys tot selfrealiseringen geestelike volwassenheid wil begelei. In hierdie sin, dui opvoedkundige verantwoordbaarheid op voldoening aan die lewenswaardes wat deur die betrokke gemeenskap as kosbaar en navolgenswaardig beskou word.Die doel van hierdie studie is om tot dieper insig en begrip van die problematiek rondom opvoedkundige verantwoordbaarheid binne die konteks van die Suid-Afrikaanse samelewing te kom en 'n model voor te stel vir die ontwerp van 'n opvoedkundig-verantwoordbare kurrikulum vir Suid-Afrika.Met die verskuiwing in denke oor opvoeding en onderwys van die ontologiese na die funksionele, word toenemend vrae gestel na die doel en wese van opvoeding binne die werklikheidskonteks waarin dit verloop. In funksionele denke val die klem op die ontleding van die funksies eerder as die eienskappe van voorwerpe en prosesse. Omdat die funksionele denke soek na die verhouding tussen sake, word die synsvraag vervang met die sinsvraag want dit is in die aard van sy verhoudinge met ander verskynsels dat 'n bepaalde verskynsel sy sin ontvang. So gesien, kan opvoedkundige verantwoordbaarheid slegs binne diepartikuliere politiese, sosiale en ekonomiese kultuurkonteks volledig begryp, verklaar en verantwoord word.Menslike handelinge, keuses en voorkeure word beter verstaan en verklaar in die betekeniskonteks waarin dit voltrek word. In die funksionele denke word die mens, sy handelinge ensy werkwyses (insluitend kurrikulering) nie in isolasie beskou nie. Die klem val derhalwe ten opsigte van kurrikulering op die funksionele samehang van die totale stelsel waarin diekurrikulum tot stand kom en geYmplementeer word. Die wese van opvoeding le nie soseer in die aantoonbare essensies daarvan nie, maar in die bedoelde funksies binne die partikuliereleefwereldkonteks. So gesien, gaan dit in hierdie studie nie net oor kennis wat universeel geldig is nie, maar veral oor kennis wat kontekstueel bruikbaar is.'n Verdere belangrike verskuiwing in denke wat die kurrikulum direk raak, is die verskuiwingvanaf 'n onafhanklike wetenskapbenadering na een van sosiale mede-verantwoordelikheid waarin alle belanghebbendes oor die inhoud en betekenis van opvoedkundige verantwoordbaarheid besin en oar die getroue uitlewing daarvan waak. Teenoor die opvatting dat die kurrikuleerder eensydig en objektief oar die kurrikulum kan en mag besluit, staan die besef dat alle belanghebbendes 'n reg het om aangehoor te word en daardeur inspraak kry in besluitneming aangaande die kurrikulum.Die essensie van opvoedkundige verantwoordbaarheid lê waarskynlik in 'n gesonde balans tussen ontologiese denke oar die kurrikulum, wat vra na die universele kenmerke vanopvoedende onderwys, en funksionele denke wat opvoeding en onderwys binne die partikuliere, kultuurhistoriese konteks oorweeg. In die funksionele denke gaan dit nie net om wat opvoedende onderwys is nie, maar wat die funksie en sin van opvoedende onderwys is.In hierdie navorsing word die ontwerp van 'n opvoedkundig-verantwoordbare kurrikulum binne die konteks van sosiale medeverantwoordelikheid oorweeg. Opvoedkundige verantwoordbaarheid kom aan die orde binne die werklikheidsbeskouing van die gemeenskap waarindie kurrikulum geYmplementeer word. Derhalwe moet daardie gemeenskap se waardes en strewes in die kurrikulum neerslag vind. Demokratiese inspraak en mede-besluitneming wordas voorvereistes beskou om die legitimiteit en mede-eienaarskap van die kurrikulum te verseker. Gevolglik is hierdie navorsing nie gerig op die volledige uitwerk van 'n opvoedkundig-verantwoordbare kurrikulum nie, maar op die voorhou van 'n voorbeeld of model vir die ontwerp van 'n opvoedkundig-verantwoordbare kurrikulum wat oor die nodige soepelheid beskik om te kan voorsien in die diverse onderwysbehoeftes van Suid-Afrika.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:6      统一登录查看全文      激活码登录查看全文