已收录 273178 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die belastinggevolge van opsiekontrakte
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Belastingbeleidmakers in Suid-Afrika het tot 'n groot mate die belastinghantering van afgeleide instrumente verwaarloos. Die Inkomstebelastingwet, No. 58 van 1962, neem tans slegs drie soorte finansiele ooreenkomste wat as afgeleide instrumente geklassifiseer kan word, in aanmerking: termynwissel- en opsiekontrakte met betrekking tot buitelandse valuta, rentekoers ruilkontrakte gebaseer op denkbeeldige kapitaalbedrae en opsiekontrakte. Alhoewel die Kommissaris van Binnelandse Inkomste 'n aantal interne werkskomitees aangestel het om ondersoek in te stel na hierdie afdeling van die reg, is die wetgewing wat voortgespruit het as uitvloeisel van hierdie pogings broksgewys van aard deurdat dit slegs met beperkte aspekte van die belasbaarheid van 'n aantal spesifieke transaksies gehandel het. Vanweë die gebrek aan spesifieke wetgewende bepalings wat die belastingaspekte van afgeleides reguleer, moet die algemene beginsels van die Suid-Afrikaanse inkomstebelastingreg op hierdie instrumente toegepas word. Dit gee aanleiding tot onnoukeurige en teenstrydige resultate, hoofsaaklik omdat hierdie beginsels reeds lank voor die wydverspreide gebruik van afgeleides in gesofistikeerde en ingewikkelde transaksies ontwikkel het. Die belasbaarheid van transaksies waarby afgeleide instrumente betrokke is, is 'n onderwerp van toenemende praktiese belang in Suid-Afrika vanweëdie styging in die aantal transaksies in afgeleides. Die inwerkingstelling van kapitaalwinsbelasting in Suid-Afrika het nog 'n verdere dimensie aan die belasbaarheid van afgeleide instrumente toegevoeg. Indien ag geslaan word op die toename in die aantal en waarde van transaksies in afgeleide instrumente wat deur Suid-Afrikaanse belastingbetalers aangegaan word, is dit noodsaaklik dat duidelikheid rakende die belasbaarheid van hierdie transaksies so spoedig doenlik verkry word. Enige hervorming en hersiende belastingreels wat van toepassing gemaak word op hierdie instrumente moet baie buigsaam wees, aangesien verdere ontwikkelings in die finansiële instrumente-omgewing uiters dinamies is en bykans daagliks verander. Dit is voorts belangrik dat die Suid-Afrikaanse belastingstelsel tred hou met internasionale ontwikkelinge ten einde die land se handel status te versterk en te verseker dat transaksies oor grense heen nie onreëlmatige gevolge inhou nie, veral vir buitelandse teenpartye.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:8      统一登录查看全文      激活码登录查看全文