Direct and indirect aggression : a comparison of four cultural groups in South Africa
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die primêre doel van die huidige studie was om kruis-kulturele verskille tenopsigte van direkte en indirekte aggressie tussen Xhosa, Zulu, Kleurling enBlanke Suid-Afrikaanse studente te bestudeer. 'n Totaal van 832 studente het dieRichardson Conflict Response Questionnaire (RCRQ), 'n vraelys wat direkte enindirekte aggressie meet, voltooi. Die Kleurling-deelnemers het beduidend-hoërvlakke van direkte aggressie gerapporteer as enige van die ander groepe. DieZulu-deelnemers het beduidend-hoër vlakke van indirekte aggressie as beide dieXhosa- of Kleurling-deelnemers gerapporteer. Geen beduidende geslagsverskillekon vasgestel word nie. Daar is tot die slotsom gekom dat kultuur 'n groterbepaler van verskille ten opsigte van aggressiewe gedrag was as geslag van diedeelnemers. Daar word vertrou dat die resultate van die huidige studie 'n bydrasal maak tot die effektiewe bestuur van aggressie in Suid-Afrika, asook tot diebevordering van internasionale begrip vir die kulturele diversiteit van die land.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]