Die geskiedenis van die vissery aan die Kaap tot aan die middel van die agtiende eeu
[摘要] INLEIDING: Reeds baie lank voor die stigting van die volksplanting is die vissery beoefen in die Suid-Afrikaanse waters : eers alleen deur die inheemserasse, maar later ook deur die bemanning van verbyseilende skepe.Omtrent die ras wat Suid-Afrika voor die koms van die Boesman, Hottentot en Bantoe bewoon het, is baie min bekend. Uit hul lewenswyse wat nagespoor is sowel as uit die rol van die visvangs in die vroegste geskiedenis van ander lande, kan egter met sekerheid vasgestel word dat seediere vanaf 'n baie vroeë tydperk een van hul vernaamste voedselbronne was.Ophopinge van grotendeels verganeskulpe van eetbare weekdiere soos o.a. die mossel, oester en perlemoen en ook visgrate, is op verskillende plekke langs die Suid-Afrikaanse kus gevind.Vandaar die benaming the Ancient Shellmound Men deurTheal aan hietdie ras gegee. Maar uit die vroegste geskiedenis van ander lande blyk ook dat fishing was one of man's earliest sources of food supply) en waarskynlik die oudste bedryf in die wêreld.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]