Die uitbeelding van Afrika-woestyne in Afrikaanse, Engelse, Duitse en Franse fiksie
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING : Die menslike verbeelding reduseer die aarde se verskeidenheid woestynlandskappedikwels tot enkele, herhalende beelde wat een groot generiese woestyn vorm. Eendoel van hierdie studie is om vas te stel hoe literêre uitbeeldings vanwoestynomgewings verband hou met die fisiese woestyne van Afrika – in diebesonder wat fiksie geskryf in Afrikaans, Engels, Duits en Frans betref. Daarom worddie uitbeelding van die Namib, Kalahari en Sahara bespreek binne die raamwerk vandie ekokritiek, geokritiek en vergelykende letterkunde. Hierdie studie het verder tendoel om die gapings aan te spreek tussen die groot hoeveelheid literêre navorsing oorwoestyne soos die Sahara aan die een kant en die Namib en die Kalahari aan die anderkant. Ook word gepoog om ʼn bydrae te maak wat die beperktheid van veeltaligenavorsing binne die ekokritiek en geokritiek aanspreek – veral Afrikaans.ʼn Wye verskeidenheid tekste is by die ondersoek betrek. Benewens outobiografiesewerke soos reisbeskrywings, behels die nie-fiksie ook werke uit die aardwetenskappe.Die fiksie behels romans, en tot ʼn mindere mate kortverhale, waarin die woestynoptree as woonplek, vestigingsplek en besoekplek. Die woestynuitbeeldings in dieromans Anderkant die Stilte (2002) deur André P. Brink, Désert deur J.M.G. LeClézio (1980), Der einzige Ort (2004) deur Thomas Stangl en The Sheltering Sky(1990 [1949]) deur Paul Bowles, word meer uitvoerig bespreek.Die groot verskeidenheid woestynbeelde, kan aan die hand van ʼn paar aspekte beskryfword, met die oog op die lees van die woestyn. Die woestynbeeld is eintlik ʼnopstapeling van uitbeeldings. Hierdie weergawes van die woestyn is beperk watsintuiglike waarneming betref en is oorwegend visueel. Wanneer die woestynbeeldeas ʼn versameling betrag word, blyk dit ʼn reeks paradokse wees. Hierdiekontrasterende beelde maak egter sin, indien die woestyn vanuit ʼn ekokritieseinvalshoek bestudeer word. Wat Afrika se woestyne betref, kan duidelik onderskeiword tussen uitbeeldings van die Sahara en uitbeeldings van die woestyne inSuidelike Afrika: die ekosisteme van die Namib en die Kalahari word met groterspesifiekheid uitgebeeld as dié van die Sahara. Die literêre woestynervaring kan dusverryk word deur die besonderse uitbeeldings van die Namib en die Kalahari saammet uitbeeldings van die Sahara te lees.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]