已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Sienings van laerskoolopvoeders en -skoolhoofde van leerders wat begaafd is
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Onderwys in Suid-Afrika het na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 'ntransformasieproses beleef. Beleidsveranderinge, rasionalisering, kurrikulumvernuwingen toenemende leerderdiversiteit in elke hoofstroomklaskamer was slegs 'n paar van dieuitdagings wat opvoeders en skoolhoofde in die laerskool moes hanteer. Resentepublikasies toon dat die transformasie van die nuwe onderwysbedeling 'n negatieweuitwerking op begaafdheidsonderrig gehad het. Daar is minimale aandag aanbegaafdheidsonderrig geskenk. Hoewel Onderwyswitskrif 6 (Departement vanOnderwys, 2001) erkenning verleen aan alle leerderdiversiteite, word daar nie eksplisietna begaafdheidsonderrig verwys nie.Die doel van hierdie kwalitatiewe studie was om 'n duidelike beeld te verkry oor diesienings van laerskoolopvoeders en -skoolhoofde van leerders wat begaafd is. Hierdiestudie het spesifiek ten doel gehad om die deelnemers se beskouings onderliggend aanbegaafdheid te identifiseer, asook om die leemtes vas te stel wat toepaslikebegaafdheidsonderrig belemmer.Hierdie navorsing het bevind dat daar tans in die laerskole van ondersoek 'n gapingbestaan tussen amptelike beleid en klaskamerpraktyk. In die lig hiervan erkenopvoeders en skoolhoofde dat leerders wat begaafd is nie effektief en toepaslik ingesluitword in die huidige hoofstroomklaskamer nie. Dit blyk verder dat 'n gebrekkige opleidingin begaafdheidsonderrig, die leemte aan 'n werkbare nasionale definisie vanbegaafdheid, asook uiteenlopende sienings van inklusiewe onderwys, die volhoubareondersteuning en toepaslike onderrig belemmer van leerders wat begaafd is.Deelnemers aan hierdie studie erken dat onvoldoende voorsiening in UGO vir diespesifieke eise van leerders wat begaafd is, asook baie ander hindernisse in diehoofstroomklaskamer, veroorsaak dat hierdie leerders nie na behore onderrig enondersteun word nie. Die laerskoolopvoeders en -skoolhoofde is van mening datsuksesvolle implementering van beleid en toepaslike onderrig van leerders wat begaafdis, nie sonder volhoubare ondersteuning en kollaborasie van alle rolspelers kan geskiednie. Daarom word die belangrikheid van groter gemeenskapsbetrokkenheid en dieivvolhoubare ondersteuning van distriksgebaseerde ondersteuningspanne veralbeklemtoon.Die bevindinge van hierdie studie het ook belangrike implikasies vir onderwysopleidingbinne die huidige onderwyssisteem. Hierdie studie bevestig die noodsaaklikheid vantoepaslike voor- en indiensopleiding in begaafdheidsonderrig vir alle opvoeders sodatons land se spreekwoordelike ongeslypte diamante tot sierade vir die samelewinggevorm kan word.Sleutelwoorde: sienings, laerskoolopvoeders en -skoolhoofde, leerders wat begaafd is,inklusiewe onderwys, hoofstroomklaskamer, opleiding, kollaborasie, gemeenskap,identifisering, definiëring, onderrig
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:10      统一登录查看全文      激活码登录查看全文