已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die rol van die sangpedagoog in die interdissiplinêre behandeling van sangers met stemprobleme.
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING:In Suid-Afrika, soos in ander lande, gebeur dit dikwels dat sangers in een ofander stadium van hul loopbaan met stemmoeilikheid/'n stemprobleem tedoen kry. Die mees algemene reaksie is om 'n oor-, neus- en keelspesialis(ONK-spesialis) te besoek vir hulp. Die sangaktiwiteit vereis egter 'n baie fyngebalanseerde kondisie van die sangapparaat en dit blyk dat die oorsprongvan die meeste stemprobleme onder sangers funksioneel van aard is.Daarom word daar van die veronderstelling uitgegaan dat die meessuksesvolle behandelingsroete vir die sanger met 'n stemprobleem 'nintegrale interdissiplinêre benadering behels wat nie net die ONK-spesialisinsluit nie, maar ook 'n spraakterapeut en sangpedagoog. Anders as in Suid-Afrika, word hierdie interdissiplinêre benadering alreeds algemeen toegepasin lande soos die VSA en Brittanje.Hierdie studie vind plaas vanuit die oogpunt van die sangpedagoog enidentifiseer die nodige kennis en praktiese ondervinding wat sodanigesangpedagoog sal benodig om suksesvol as deel van 'n interdissiplinêre spanin die behandeling van sangers met stemprobleme te funksioneer. Om hierdiedoel te verwesenlik, neem die studie die vorm van 'n gevallestudie aan waarindie navorser binne die bestek van verskeie maande konsultasies met sangersmet stemprobleme binne 'n mediese stemkliniek onder leiding van 'n ONKspesialisprakties geobserveer het. Deurgaans word sodanige gevallestudiesweergegee en bespreek. Dit sluit o.a. die rol van elk van die interdissiplinêrespanlede, oorsake en behandeling van tipiese stemprobleme onder sangers,asook die spesifieke rol van die sangpedagoog in die behandelingsproses, in.In die geheel het hierdie studie getoon dat daar 'n groot leemte en onkundeonder baie sangers bestaan (veral amateursangers) wat die nodige sorg enhantering van hul sangstem betref. Hiperfunksionele stemproduksie a.g.v.foutiewe stemgebruikgewoontes, afwesigheid van sangopleiding en onkundeop die gebied van stemhigiëne en -sorg was opvallend.Dit blyk dat die sangpedagoog, in noue samewerking met die ONK-spesialisen spraakterapeut, 'n kritieke leemte kan vul in die gespesialiseerdeopvoeding en behandeling van sangers met stemprobleme.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:6      统一登录查看全文      激活码登录查看全文