An examination of Grade 9 learners' process skills and their scientific investigation ability
[摘要] AFRIKAANS OPSOMMING: Die prosevaardighede en die vermoë om 'n wetenskaplike ondersoek uit te voer deur graadnege leerlinge, is ondersoek. Die begrip van hierdie vaardighede, byvoorbeeld waarneming,meting en data versameling, sowel as die beredenerings wyses tydens die oordrag van diebevindinge (resultate) van die ondersoek, is ook geëvalueer. Die proses in totaliteit isgeëvalueer deur die gebruik van drie take insluitende geskrewe ondersoeke, onderhoude enwaarnemings. Twee-en veertig Natuurwetenskap leerlinge van die primêre skool het aan dieondersoek deelgeneem. Die geskrewe ondersoek was die grondslag (fundamentele) aktiwiteitom die leerlinge se begrip van 'n wetenskaplike ondersoek te evaluur. Die onderhoude wasonderverdeel in vyf afdelings insluitende die doel, die belangrikheid, die voordele van dieverstaan van prosesvaardighede, sowel as die probleme en uitdagings ondervind terwyl dieleerlinge aktief betrokke was by of self besig was met die uitvoering van wetenskaplikeondersoeke. Die meerdeheid data (inligting) was verkry deur die waarneming van leerlingewat saamwerk tydens die uitvoering van die ondersoekeie ondersoeke. 'n Ontleding van dieleerlinge se prestasie in die opdragte, individueel, sowel as in groep verband is gedoen. 'nOntleding van die leerlinge prestasie het getoon dat min leerlinge voldoende (bevredigende)begrip toon aangaande data (inligting) versameling en die oordra (kommunikasie) van diebevindinge (resultate). Die resultate van die ontleding onthul (toon) dat die gedeeltelikebereiking van die vereistes vir die uitvoering van 'n wetenskaplike ondersoek die norm was.Hierdie leerlinge se waarnemings en meetings was onakkuraat, kon slegs sommigeveranderlikes identifiseer, het slegs basiese wyses gebruik om die inligting (data) te versamelen te verwerk, en die oordrag (kommunikasie) van resultate was onvoldoende.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]