已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Sarah Kane en die liriek as literêr-musikale interteks
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die literêre interteks staan sentraal tot die teks-analitiese proses en die gevolglike ontsluitingvan betekenis binne die oeuvre van Sarah Kane, maar in die huidige besprekings van haarwerk, word hierdie interteks alleenlik tot literatuur soos die roman, die gedig en die teaterteksbeperk. Die gevolg is dat daar 'n totale verontagsaming van die neerslag van die liriek as nóg'n tipe literêre interteks is. Beide James Macdonald (in Fisher 2001b) en Iain Fisher (2001b)dui daarop dat lirieke van heelparty orkeste - o.a. Joy Division, Radiohead, Nirvana en dieBeatles - in Kane se werk nagespeur kan word, maar geeneen blyk ondersoek na diemoontlike redes vir die ontlening daarvan óf hoe dit die betekeniswaarde van haar werkinformeer, in te stel nie. Deur op Still en Worton (1990:1-2) se teorie dat die leser van 'n tekssy/haar eie intertekste op daardie teks van toepassing kan maak in 'n poging om die betekenisdaarvan te ontsluit (selfs al word betrokke intertekste nie noodwendig deur die skrywer erkennie), te trek, word daarop gedui waar en hoe verskeie lirieke van voorgenoemde vier orkestehul neerslag in vier van Kane se dramas, Phaedra's Love, Cleansed, Crave en 4.48 Psychosisvind. Na gelang van Michael Riffaterre (1990:58) se teorie omtrent 'connectives (in hierdiegeval die lirieke wat Kane se tekste met liedjies uit die populêre kultuur verbind) en hoe 'ndeeglike voorkennis daaromtrent die leser daartoe in staat stel om te bepaal of betrokke'connective wel die teenwoordigheid van 'n interteks daarstel al dan nie, word 'n deeglikestudie van elkeen van die lirieke gedoen. Daarna word verskeie raakpunte tussen hierdielirieke en Kane se tekste uitgewys, hetsy dit met onderwerpmateriaal of tematiek verbandhou, sodat ge-argumenteer word dat hierdie lirieke wel as intertekste beskou kan word.Vervolgens word die betekenisse van die onderskeie lirieke op Kane se dramas (spesifiek dietematiek daarvan) van toepassing gemaak en daar word ge-argumenteer dat hierdieintertekste óf bestaande beskouings daarvan ondersteun en moontlik daarop uitbrei óf dat dittot radikaal nuwe insigte omtrent haar werk aanleiding gee, sodat nuwe en oorspronklikebenaderings tot tematiek en karakters in die toekoms gevolg sou kon word. Uiteindelikillustreer ek aan die hand van my meestersproduksie empty (2010) hoe ek my benadering totdie neerslag van die liriek as interteks in Kane se werk op genoemde produksie vantoepassing gemaak het, sodat die betekenis daarvan ook na gelang van die liriek as interteksduidelik word.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文