n Grondopname van die Malmesbury-Piketberg streek
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: n Kort oorsig van die landbougeskiedenis, fisiografie,geologie, klimaat, plantegroei en bevolking van die Malmesbury -Piketberg - streek word gegee.'n Grondopname is van die streek gemaak en die verskillendegrondtipes is gekarteer. Die invloed van klimaat,moedergesteente, topografie en plantegroei op die grondvormingsprosesse word aangetoon.Die podsoliese geaardheid van die gronde wat uit kalsiumarmemateriaal onder die bepaalde klimaatstoestande ontstaanhet, word bespreek en die invloed van die topografie endigtheid van die oorsprongsmateriaal op die ontwikkeling ensamestelling van die E horison word aangetoon.Die vrugbaarheid van die grondtipes, geoordeel aan toeganklike voedingstowwe, uitruilbare basisse, grondreaksie en humusgehalte, word bespreek en moontlike stelsels vir diebeheer en verbetering van die grondvrugbaarheid word aan die hand gegee.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]