Global and regional myocardial and circulatory function during anaesthesia in the normal heart and in the presence of threatening or overt myocardial ischemia
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie DSc is fundeer op 'n aantal aspekte rondom 'n sentrale tema naamlik die algemene en streeksfunksie van die normale hart of die hart blootgestel aan die risiko van miokardiale isgemie.Die werk is oor 'n bestek van 25 jaar gedoen en sluit in eksperimentele werk in groot en kleindiere sowel as data verkry in pasiënte.Hoofstuk 1 handel met globale en streeksfunksie in die normale hart met die klem op die meer moderne benadering tot die koppeling van die hart met die sirkulasie en effek van middels op die twee komponente. Hierdie hoofstuk het waardevolle inligting gegee t.o.v. fisiologie maar ook gehelp om die middels te kies vir daaropvolgende studies.Hoofstuk 2 bevat navorsing wat verwys na die hart met kroonaarstenose. Onder andere word gesteun op 'n dieremodel van kroonaarstenose. Die hoofstuk sluit data in wat , as eerste en unieke bydrae, gewys het dat inhalasie narkose middels die reperfusie besering van die hart kan verminder. Hierdie data het spesifiek bygedra om die kliniese praktyk van narkose vir hierdie pasiënte te verander.Hoofstuk 3 verwys na werk gedoen om die hart gedurende elektiewe chirurgiese arres te oksigeneer. Die effektiwiteit van verskillende kardioplegiese vloeistofsamestellings is ook krities ontleed.Die vierde hoofstuk handel met 'n ernstige kliniese probleem naamlik akute pulmonêre hipertensie. By pasiënte met akute long besering is hierdie verskynsel baiemaal die oorsaak van dood en of moeitevolle oksigenasie. Die werk het gelei tot beter insigte t.o.v. pasiënt hantering tot die punt dat baie van die pasiënte vandag gered kan word.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]