已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Hearing the Living Word of God today? : a systematic-theological investigation into the authority and interpretation of scripture for contemporary Korean Presbyterianism
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die krisis rakende Skrifgesag vra 'n dringende sistematies-teologiese ondersoek om 'nweg vanuit dié krisis aan te dui deur 'n oortuigender, meer verstaanbare en belowendebenadering te bied om opnuut die sinvolheid, waaragtigheid, toepaslikheid en gesag vandie Skrif vir ons geloof en lewe te bevestig. Die oorkoepelende oogmerk van hierdieverhandeling is dus om 'n meer toepaslike sistematies-teologiese raamwerk te vind omoor die gesag en interpretasie van die Skrif te kan praat. Ten einde hierdie doel te bereik,maak die verhandeling gebruik van drie hoof benaderings – epistemologies, dogmatiesen hermeneuties – in 'n dinamies geïntegreerde, onderling afhanklike, en holistiesewyse.Om die epistemologiese status van die Skrif as God se waarheid te bevestig, het ons 'nmeer genuanseerde epistemologiese model nodig waardeur die uiterstes van sowelmoderne dogmatiese funderingsdenke asook van postmoderne nie-funderingsdenkevermy kan word. As alternatiewe model sal 'n vorm van post-funderingsdenke asbenadering hier ontwikkel word, te einde die valse verdelings tussen objektief ensubjektief, ontologies en funksioneel, en epistomologies en hermeneuties te oorkom.Ons kan dus die objektiewe eenheid van die waarheid en gesag van die Skrif asbeslissende weg na die realiteit van God bevestig, sonder om ons bewussyn van dievoorlopige, kontekstuele en feilbare aard van menslike kennis te ontken.'n Dogmaties-ontologiese verantwoording van die Skrif plaas ons spreke oor Skrifgesagbinne die konteks van die drie-enige God se ekonomie van verlossing. Vanuit 'ntrinitaries-pneumatologiese oogpunt word die gesag van die Skrif afgelei vanuit diedrie-enige God se self-kommunikatiewe spraak-akte, sodat dit beskryf kan word asgoddelike kommunikatief-performatiewe gesag binne die drie-enige God severlossingsdrama. Die Skrifte kan gesien word as die teo-dramatiese teks wat ons binnedie verbondslewe met God bring en ons deur die dinamiese, dienende en vormendewerk van God se Gees oproep om aan die grootse drama van God se verlossing deel teneem. Hermeneutiese oorwegings en nadenke moet as 'n wesenlike en kritiese deel van onstotale gesprek oor Skrifgesag ter sprake kom. Hermeneutiek help ons om hermeneutieseafgode bloot te lê en om die werklike teenwoordigheid van God in ons lees van dieSkrifte te onderskei. Dit fasiliteer voorts ons beliggaming van bybelse tekste in diespesifieke en tydelike kontekste van die lewe. Dit stel ons bowenal in staat om realiteitevan andersheid te herken en om na ('n) ander stem(me) te luister. In die lig van hierdiedrievoudige hermeneutiese taak, kan ons die gesag van die Skrif as die viva vox Dei,wat tot ons spreek in ons hier-en-nou lewe, herwin, terugeis en bekragtig. Ons herkendus opnuut die gesag van die Skrif as goddelik kommunikatief-performatief,verbondsmatig, dinamies-transformerend, lewens-deelnemend en veelvormig. Deur dieSkrif te lees, daaroor te mediteer, dit te geniet en uit te leef, ervaar ons die drie-enigeGod se intieme teenwoordigheid, en aanbid en verheerlik ons God met eerbied envreugde.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:6      统一登录查看全文      激活码登录查看全文