已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Digdebute teen die milleniumwending : 'n polisistemiese ondersoek
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doelstelling met hierdie studie is om die verskyning en ontvangs van Afrikaanse dig-debuutbundels teen die millenniumwending met behulp van die polisisteemteorie te bestudeer. Dié teorie behels dat die literatuur as 'n sisteem tussen ander sisteme in die samelewing beskryf word. In hierdie geval word die sisteemgrens tot die Afrikaanse poësie beperk. Die resepsies van die ses debuutbundels wat in 1999–2000 verskyn het en wat vir die Ingrid Jonker-prys in aanmerking geneem is, word ondersoek.Binne die polisisteemverband word 'n studie onderneem na die marginalisering van die Afrikaanse poësie; dít terwyl die poësie as sodanig reeds 'n gemarginaliseerde genre is. Dié marginalisering is grootliks die gevolg van ekonomiese oorwegings – hoofstroomuitgewers dink twee maal daaroor voordat hulle 'n digbundel uitgee, veral 'n debuutdigbundel. Terwyl die poësie in die orale vorm toenemend gewild blyk te wees, is daar nie veel publikasie-moontlikhede vir debuutdigters nie. Hierdie toestand gaan veral die opkomende digters nadelig tref.In hoofstuk 1 word 'n uiteensetting van die studie gegee. Die stand van sake in die Afrikaan-se poësiesisteem teen die millenniumwending word voorlopig beskryf. Die doel van die navorsing, die afbakening van die studie-objek en die hoofstukindeling van die tesis word uiteengesit.Hoofstuk 2 bied 'n uiteensetting van die polisisteemteorie, wat gegrond is op die werk van die Russiese Formaliste. Verder word aandag bestee aan 'n omskrywing van die poli-sisteem, die struktuur van die polisisteem en die toepassingsmoontlikhede van die teorie.'n Teoretiese oorsig van kanonisering in die literatuur word in hoofstuk 3 onderneem. In dié hoofstuk word die verskillende definisies van die konsep kanon gegee, die verskillende soorte kanons en die proses van kanonvorming word bespreek. Laastens word die invloede van kanonisering vermeld.Die Afrikaanse literêre veld is die fokuspunt in hoofstuk 4, waar die poësie as gemargina-liseerde genre, die voorkoms van die Afrikaanse poësieveld, die Ingrid Jonker-prys en die rol van die uitgewer bespreek word. Die vraag na die afwesigheid van die nuwe stemme in die letterkunde word ook ondersoek. Die toekoms van die Afrikaanse poësie word verder onder die soeklig geplaas.In hoofstuk 5 word 'n studie onderneem van die resepsies van die ses debuutbundels van 1999–2000. Die resensent as kritikus en die taak van resensente word eerstens ondersoek. Kwalitatiewe en kwantitatiewe ondersoeke word onderneem ten einde na te gaan welke van die debutante moontlik die kanondrempel kan oorsteek.In die slothoofstuk, hoofstuk 6, word die bevindinge van die ondersoek saamgevat ten einde die gesprek oor die Afrikaanse poësie verder te voer. Verdere moontlike navorsingsterreine word uitgestippel.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:6      统一登录查看全文      激活码登录查看全文