Die geskiedenis van die Kaapse Burgermag-Mediese eenhede, 1889-1939
[摘要] Die doel met hierdie studie is tweeledig. Eerstens word gepoog om dieKaapse burgermag-mediese eenhede se rol binne die verdedigingstelsels waarvanhulle op sekere stadia van hul bestaan deel was te ondersoek, hetsy asdeel van die Kaapse Koloniale Magte vir die tydperk 1889 - 1913 of as deelvan die burgermag-element van die Unieverdedigingsmag, 1913 - 1939. Tweedensword hierdie eenhede se ontwikkelingsgang nagegaan : van die stigtingvan die Volunteer Medical Staff Corps (VMSC) in 1889 af tot met die uitbreekvan die Tweede Wêreldoorlog in 1939. As 'n titel vir hierdie onderwerp is besluit op Die Geskiedenis van dieKaapse Burgermag-mediese eenhede, 1889 - 1939. Die rede daarvoor is datdit die hele tydperk onder bespreking volledig omskryf die aanloop totdie stigting van die VMSC, sy stigting in 1889, sy rol as 'n vrywilligereenheid,sy omskakeling na twee burgermag-mediese eenhede in 1913 asook hulrol en ontwikkeling in daardie verband tot met die uitbreek van die TweedeWêreldoorlog in 1939. Aangesien hierdie tydperk van vyftig jaar 'n duidelikebeeld rakende hierdie eenhede se rol en ontwikkeling gee, het diekeuse daarom geval op 1889 en 1939 as onderskeidelik die begin- en einddatumvir hierdie onderwerp. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939 het daar in die Kaapprovinsietwee burgermag-mediese eenhede binne die Unieverdedigingsmag gefunksioneer,naamlik 2 Veldambulans en 3 Veldambulans. Beide kan egter hulontstaansgeskiedenis terugvoer na 21 Oktober 1889, toe. soos hierbo aangedui,die VMSC as die eerste selfstandige mediese eenheid in die Kaapkoloniegestig is. Met sy stigting het die eenheid uit twee kompanies bestaan. tewete A-kompanie en B-kompanie wat onderskeidelik in King William's Town enKaapstad gesetel was. Daarna het die VMSC by twee verdere geleenthedenaamsveranderinge ondergaan. In 1889 is sy naam na die Cape Medical StaffCorps (CMSC) verander en van 1903 af het dit as die Cape Medical Corps(CMC) bekend gestaan. Met die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse GeneeskundigeDiens (SAGD) in 1913, is die twee kompanies in twee afsonderlikeburgermag-mediese eenhede omgeskakel en in die SAGD opgeneem. Dit heteweneens 'n naamsverandering tot gevolg gehad. A-kompanie sou voortaan as1 Berede Brigade Veldambulans (1 BBVA) bekend staan terwy1 B-kompanie totNo. 1 Kompanie herdoop is. tn 1935 het die twee eenhede weer eens 'n naamsverandering ondergaan toe 1 BBVA tot 2 Veldambulans en No. 1 Kompanietot 3 Veldambulans herdoop is.Die doel van hierdie studie in ag genome, word die rol en ontwikkeling vanhierdie eenhede oor die tydperk van vyftig jaar bespreek. In die eerstehoofstuk word daar, as inleiding, kortliks verwys na die onderskeie militêre organisasies in die Kaapkolonie gedurende die neëntiende eeu waarvandie vrywilliger-mag een was. Daar het egter 'n behoefte bestaan aan voldoendemediese steun vir sy lede waaruit voortgevloei het die stigting vandie St John's Ambulance Association en die ambulansafdeling van die KingWilliam's Town Volunteer Artillery om hierdie leemte te vul. Vervolgensword gekonsentreer op die stigtingsproses van die VMSC in 1889 asook diegroei en ontwikkeling van die eenheid in die jare onmiddellik daarna...
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]