Die salarisgeskiedenis van die Kleurling-onderwysers in die openbare skole in Kaapland, 1910-1955, met verwysing ook na ander diensvoorwaardes as salarisse
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die taak om oor die vroegste salariëring van Kleurling-onderwysers in Kaapland te skrywe, word om verskeieonvermydelike redes bemoeilik. So is bv. die oorsaak virdie afwesigheid. van volledige en afsonderlike statistieke vir nie-blanke onderwys vir 'n lang tydperk moontlik tevinde in ons land se geskiedenis, en wel in 0rdonnansieNo.50 van 1828, toe die spesiale Hottentotwette van diejare 1809 - 1819 herroep is en Hottentots and other freepersons of colour'' gelyk gestel is met die blanke koloniste. Vanaf daardie oomblik het wetgewing beslis colourblind geword, maar hoewel die wette dan kleurblind was,het ons die bewyse dat dit in die onderwyspraktyk gladnie geheel en al só was nie.Verder is die Kleurling as 'n aparte rassegroep inwording vir 'n lang tyd nie erken nie en toe die Kleurlingereeds as 'n ras op- sy eie beskou is, het hulle geringegetalle dit nie in die oë van die land se administrasiegeregverdig om met die Kleurling as 'n aparte groep rekeningte hou nie.. Hulle is eenvoudig saam met die naturelle as Gekleurd geklassifiseer.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]