Narrating alternative histories : an exploration of Jamal Mahjoub's The carrier and Amitav Ghosh's In an antique land
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING:Hierdie tesis ondersoek die verhouding tussen die verlede en die hede soos uitgebeeld in Jamal Mahjoub se The Carrier (1998) en Amitav Ghosh se In an Antique Land (1992). Hierdie tekste herverbeel die geskiedenis met die doel om 'n ander toekoms te dink. Hulle vertel alternatiewe geskiedenisse en lewer sodoende kritiek op die Westerse historiografie en die uitbeelding van die Ooste en die Suide daarin. Hierdie tesis sal uit Edward Said se Orientalism (1978) put as 'n manier om die dominante Westerse houdings teenoor die Ooste sowel as die Suide, verteenwoordig deur Afrika, te konseptualiseer soos die liminale karakters in Mahjoub en Ghosh se tekste oor die Indiese Oseaan- en Mediterreense wêrelde beweeg. Beide Mahjoub en Ghosh versplinter hulle verhale in 'n historiese en 'n kontemporêre draad, en verweef hierdie fragmente om sodoende kommentaar te lewer op die dinamiese verhouding tussen die verlede en die hede. Hierdie verhouding sal gekonseptualiseer word deur te put uit Walter Benjamin se konsep van 'n konstellasie verbindingspunte in tyd. Die kartering van verbindings word moontlik gemaak deur die skrywer se verkenning van 'n geskiedenis van verbindings tussen diverse mense in hierdie gebiede. Die alternatiewe geskiedenisse wat hier voorgestel word, onthul pre-koloniale Mediterreense en Indiese Oseaan-handelsnetwerke gebou op uitruiling, wat gelei het tot kosmopolitiese samelewings waarin die klem op verbindings eerder as geopolitiese binêre geval het. Gesprekke tussen verskillende kulture, gelowe en denkskole dryf hierdie verbindings in die historiese verhaallyne. Deur hierdie vergange wêreld en 'n meer vyandige twintigste-eeuse wêreld naas mekaar te stel, wil Mahjoub en Ghosh bevraagteken of die herkonseptualisering van die verlede die herverbeelding van die hede en toekoms moontlik maak, in terme van hoe mense in staat is om oor verskilgrense heen met mekaar te verbind.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]