Die Nederduits Gereformeerde Gemeente Stellenbosch-Noord : 'n skuiwende identiteit
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hipotese van hierdie studie is dat die identiteit van die NG Kerk Stellenbosch-Noord geskuif het van gemeente wat gerig was op haar voortbestaan as ideologies-gedrewe gemeenskap binne bepaalde bevolkingsgroep, na gemeente wat missionaal begin dink het op grond van nuwe verstaan van wie God is, en in die lig hiervan, wat kerk behoort te wees. Sy het haar roeping nuut ontdek in en deur haar betrokkenheid met 'die ander' wat in haar omgewing in nood verkeer. Drie teologiese konstrukte is gekies om die besluitnemingsproses in die tydlyn van die gemeente teologies te evalueer, naamlik: • die onderskeiding van wie die Drie-Enige God is, bepaal die manier van kerkwees;• die werking van die Heilige Gees in die onderskeiding van die missio Dei; en• die inkarnasie van Jesus as riglyn vir die uitleef van die missio Dei. Die bespreking van die tydlyn van die gemeente vorm sentrale deel van die studie. Die teologiese konstrukte sowel as die makro- en mesokontekste is bespreek en dan in verband gebring met die tydlyn om te evalueer in hoeverre die besluitnemingsproses ideologies of missionaal gedrewe was. Verder isetnografiese studie in die gemeente gedoen om die identiteit van die gemeente aan die einde van 2007 te bepaal. Hierdie studie het methodologies konstruktiewe replikasie verskaf vir die bevindinge in die tydlyn, en die hipotese dat daar wel paradigmaskuif plaasgevind het, as waar bewys. Die skuif hét plaasgevind: vanideologies-gedrewe gemeente, na gemeente wat die missio Dei onderskei om die missiones ecclesciae te vorm.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]