已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Skenkings aan 'n trust en die daaropvolgende vermindering van die trust se uitstaande leningsrekening : die belasting op kapitaalwinsdilemma
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING:Wanneer 'n natuurlike persoon (die vereffenaar) besluit om sy of haar groeibates(byvoorbeeld, vaste eiendom of aandele) aan sy of haar familietrust oor te dra, wordsodanige bate-oordrag se markwaarde gewoonlik (volgens die mening van diebelastingskrywers, Keith Huxham en Phillip Haupt) deur die toestaan van 'n rentevryeleningsrekening aan die trust gefinansier. Die vermindering van die bedoelde uitstaandeskuld by wyse van skenkings van die vereffenaar, het met die verordening van belastingop kapitaalwins (BKW) op 1 Oktober 2001 'n BKW-dilemma vir sodanige trust geskep. 'nBKW-aanspreeklikheid ingevolge paragraaf 12(5) van die Agtste Bylae tot dieInkomstebelastingwet, NO.58 van 1962, soos gewysig, (hierna as die Wet verwys) sal inhierdie omstandighede vir die trust ontstaan, omrede die toepaslike vermindering as 'nvermindering van 'n debiteur (die familietrust) se skuld (die uitstaande leningsverpligting)deur 'n krediteur (die vereffenaar) teen geen vergoeding beskou mag word.Belastingraadgewers in die algemeen adviseer gevolglik (volgens onder meer die sieningvan 'n regskonsultant van San lam Trust, Elmarene Erasmus) hulle kliente dat 'n trustbenut moet word op 'n wyse wat verseker dat die vereffenaar nie die trust se tersaaklikeuitstaande leningsrekening vir geen werklike betaling verminder nie. 'n Werklike betalingvan die skenking word derhalwe voorgestel. Sodanige werklike betaling wordbewerkstellig deurdat die vereffenaar 'n bedrag geld ten bedrae van R30 000 (dieskenkingsbelasting-vrystellingsperk ingevolge artikel 56(2)(b) van die Wet) direk aan dietrust betaal of andersins 'n tjek vir die betrokke bedrag aan die trust uitreik. Teen die eindevan die belastingjaar, dit wil se nadat die toepaslike skenking ontvang is, besluit dietrustees van die trust meestal om die kontant, wat per die trust se rekeningkundigerekords op hande is, aan te wend ter aflossing van 'n gedeelte van die uitstaandeleningsverpligting aan die vereffenaar verskuldig.Daar word deurgaans veronderstel dat die toepaslike trust in hierdie omstandighede oorgeen verdere uitstaande skuld, rentedraend al dan nie, beskik nie.Deur te aanvaar dat die vereffenaar nie.regstreeks afstand doen van 'n gedeelte van dieuitstaande lening vir geen betaling nie, is die waarskynlikheid dat 'n BKWaanspreeklikheidvir die trust (vanwee enige leningsvermindering) sal ontstaan deurmiddel van die studie bepaal.Die betekenis van die frase verminder of afgelos (reduced or discharged per dieEngelse teks van die Wet) ingevolge paragraaf 12(5) van die Agtste Bylae tot die Wet isonder meer verklaar aan die hand van die woordeboekbetekenis van die woordereduced en discharged en die strekking van kwytskelding en voldoening asrelevante vorme van tenietgaan van 'n verbintenis (byvoorbeeld, 'n uitstaandeleningsverpligting) kragtens die Suid-Afrikaanse kontrakte- en handelsreg. Die skrywer hetdie gevolgtrekking gemaak dat die betrokke frase dui op die gedeeltelike of algehelekwytskelding deur 'n krediteur van 'n skuld (soos byvoorbeeld, 'n uitstaandeleningsverpligting) wat deur 'n debiteur aan die bedoelde krediteur verskuldig is.Voldoening (as 'n verskyningsvorm van die tenietgaan van 'n verbintenis) aan 'n skuld op'n gedeeltelike of volledige basis deur middel van die betaling van 'n bedrag geld of 'ntjekbetaling kan egter volgens hierdie gevolgtrekking nie as 'n vermindering of aflossingvan 'n skuld teen geen vergoeding ingevolge paragraaf 12(5) van die Agtste Bylae tot dieWet gesien word nie.Die sogenaamde verwisseling van tjeks - prosedure ter ondersteuning van dietersaaklike skenking- en leningvermindering-betalings is vir studiedoeleindes as 'nekwivalent vir 'n verwisseling van 'n bedrag geld geag. 'n Ondersoek na die relevantehowe se benaderings in Suid-Afrikaanse belastingsake [naamlik, ITC 1583 (1993) 57SATC 58, ITC 1603 (1995) 58 SATC 212 en ITC 1690 (1999) 62 SATC 497] asookbuitelandse sake [naamlik, Richard Walter (Pty) Limited v Commissioner of Taxation(1996) 67 FCR 243; 33 ATR 97 en MacNiven (Her Majesty's Inspector of Taxes) vWestmoreland Investments Limited (2001) UKHL 6; (2001) 1 ALL ER 865] ten aansienvan sodanige prosedure, het aangetoon dat dit benut kan word as 'n grondslag vir diegeldige nakoming van, oftewel voldoening aan 'n verbonde party se uitstaande skuldingevolge 'n tersaaklike transaksie of reeling. Die onderliggende transaksie of reeling moetegter oor 'n regsgeldige uitwerking beskik, ooreenstemmend met die toepaslikeregsgeldige bedoeling van die betrokke partye.Analisering van die vermindering van 'n trust se uitstaande leningsverpligting in samehangmet die voorafgaande ontvangs van skenkingbetalings, het ook met verwysing na diegemeenregtelike wese bo vorm - leerstuk geskied. Hierdie ontleding het onder anderebenadruk dat die belastingdoeltreffende werking (veraI in 'n BKW-konteks) van diebestudeerde reeling die aanwesigheid van egte (genuine) en ongesimuleerde skenkingenleningvermindering-betalings, ooreenkomstig die regsgeldige bedoeling van dievereffenaar en trustees van die familietrust, om onderskeidelik skenkings enleningverminderings teweeg te bring, vereis.Die moontlike toepassing en effek van artikel 103(1) van die Wet (die Suid-Afrikaansealgemene teenvermydingsbepaling) op die bestudeerde reeling, is oorweeg deur ondermeer ag te slaan op die siening van belastingskrywers (soos byvoorbeeld, D. Clegg, M.A.Kolitz en K. van der Linde) aangaande die uitwerking van hierdie bepaling op transaksiesen reelings in die algemeen. Die skrywer het tot die gevolgtrekking gekom dat dietoepaslike skenking- en leningvermindering-betalings onderskeidelik op 'n afsonderlikebasis oor bona fide besigheidsdoelwitte moet beskik. Die besigheidsdoelwit van dieskenkingbetalings mag byvoorbeeld verband hou met die vereffenaar se oogmerk om syof haar persoonlike bates buite die bereik van sy of haar ondernemingskrediteure te plaas,gegewe die aanname dat die vereffenaar 'n sake-ondernemimg bedryf. Dieleningvermindering-betalings se gepaardgaande besigheidsdoelwit mag weer betrekkinghe op die verbetering van die familietrust se balansstaatposisie soos weerspieel deurfinansiele verhoudingsgetalle met betrekking tot onder andere Iikwiditeit en solvabiliteit.Verder is dit in hierdie verband van essensiele belang dat daar geen skakel of verbintenistussen die onderliggende betalings moet bestaan nie. Die belastingskrywer, M.L. Stein semening bied steun vir die belang van die afwesigheid van die bedoelde interafhanklikheid.Die teenwoordigheid van die betrokke besigheidsdoelwitte tesame met die ontbreking vanenige interafhanklikheid tussen die relevante betalings, behoort dus (volgens die skrywerse beskouing) te verhoed dat die belastingeffektiewe werking (veral in 'n BKW-verband)van die reeling onder oorweging deur artikeI103(1) van die Wet se toepassing en effek tersyde gestel word.Die skrywer het tot die slotsom gekom dat egte, onvoorwaardelike (jaarlikse)skenkingbetalings deur die vereffenaar aan sy of haar familietrust wat aan die einde vandie belastingjaar opgevolg word deur ongesimuleerde leningvermindering-betalings,geInisieer deur die trust se trustees sonder enige inmenging of invloed van dievereffenaar, na aile waarskynJikheid'n BKW-dilemma vir die familietrust (in die vorm van'n BKW-aanspreeklikheid per paragraaf 12(5) van die Agtste Bylae tot die Wet ten aansienvan enige leningsvermindering) sal uitskakel.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:7      统一登录查看全文      激活码登录查看全文