已收录 272893 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Ontvangste en toevallings vanaf 'nverskansingsfonds : is dit kapitaal of inkomste van aard?
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die ontstaan van verskansingsfondse in Suid-Afrika het die afgelope dekade baie reaksie ontlok vanaf reguleerders wat onseker is oor die werking van hierdie fondse. Verskansingsfondse is 'n nuwe tipe beleggingsinstrument wat gebruik maak van verskeie verskansingstegnieke om beleggers se fondse tot 'n maksimum te laat groei. Hierdie fondse is uniek in vergelyking met tradisionele beleggings. Die rede hiervoor, is weens die feit dat hierdie beleggingstegnieke die fonds se beleggingswaarde kan laat groei, hoewel die tradisionele belegging oor dieselfde tydperk, 'n daling mag ervaar gedurende 'n tydperk wat markte swak presteer. Tans word riglyne aan fondsbestuurders van verskansingsfondse verskaf deur wetgewing, maar die werking van hierdie fondse word nog nie gereguleer nie. Die feit dat die werking van verskansingsfondse nie tans in Suid-Afrika gereguleer word nie lei direk tot die vraag oor die belasbaarheid van ontvangste en toevallings vanaf verskansingsfondse. Die spesifieke probleem wat nagevors word ingevolge die studie is die vraag of ontvangste en toevallings vanaf verskansingsfondse kapitaal of inkomste van aard is. Die Raad van Finansiële Dienste is tans in die proses om 'n beter begrip te verkry rakende die werking van verskansingsfondse en poog om die werking van verskansingsfondse binne die nadere toekoms te reguleer ingevolge wetgewing. Hierdie regulering van die werking van verskansingsfondse kan heel moontlik direk leiding verskaf ten opsigte van die belastinghantering van ontvangste en toevallings vanaf verskansingsfondse, aangesien daar sprake is dat die Raad van Finansiële Dienste graag verskansingsfondse onder die Wet op Beheer van Kollektiewe Beleggingskemas wil reguleer. Die Inkomstebelastingwet reguleer die belasbaarheid van ontvangste en toevallings vanaf kollektiewe beleggingskemas in effekte en indien verskansingsfondse geklassifiseer sou word as 'n kollektiewe beleggingskema in effekte, sal geen onsekerheid bestaan rakende die belastinghantering daarvan nie. Bogenoemde is egter nog nie Wetgewing in Suid-Afrika nie en die navorsingstudie kom tot die gevolgtrekking dat die bepaling van belasbaarheid van ontvangste en toevallings vanaf verskansingsfondse gebaseer moet word op regspraak se beginsels neergelê as riglyne vir die bepaling of ontvangste en toevallings kapitaal of inkomste van aard is. Elke situasie en transaksie moet egter op sy eie meriete geëvalueer word, aangesien elke geval sy eie omstandighede teweegbring waarop regspraak se beginsels toegepas moet word om 'n gevolgtrekking te maak tot tyd en wyl wetgewing die belasbaarheid van verskansingsfondse meer spesifiek reguleer.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文