已收录 272983 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die diskoers van Antjie Krog se Lady Anne (1989)
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die ondersoek in hierdie studie sentreer random die diskoers in Antjie Krog se sewendedigbundel, Lady Anne (1989). Die ondersoekprableem is die vraag na die wyse waaropdie diskoers van hierdie teks georden en' geproduseer word. Foucault se teorie oordiskoersanalise word as kritiese werktuig gebruik by die beantwoording van hierdievraag. Foucault (1981) omskryf diskoers onder meer as die sosiale gebruik van taalgesitueer binne bepaalde kontekste en verbonde aan spesifieke instansies. VolgensFoucault vertoon diskoers 'n innerlike orde of formasie wat argeologies opgediep kanword; dit het 'n regulerende funksie wat nie net betekenis afbaken nie, maar betekenispraduseer in die positiewe sin van die woord (Foucault, 1981). Wanneer hierdieregulerende funksie genealogies ontleed word, blyk dit dat diskoers mag uitoefen deur diemeganismes van kennis, waarheid en self (Foucault, 1980), Diskoers artikuleer kenniswat die self die waarheid oor die self toe-eien. Dit roep op sy beurt weer die prableem vanvryheid en politieke verset op.Die ondersoek fokus op die volgende vraagstukke random die diskoers in Lady Anne: diediskursiewe patrone in die teks; die beperkinge wat op die diskoers geplaas word(Foucault, 1981); die outeursfunksie soos beskryf deur Foucault (1979); diefiksionalisering van die lady Anne Barnard-geskiedenis aan die hand van die genealogiesebenadering (Foucault, 1970; 1972). Daar sal ook ingegaan word op die verestetisering vandie politieke diskoers in Suid-Afrika, asook op die kwessie in watter mate daar sprake isvan stemgewing aan die Ander.Die sentrale vraagstuk wat ondersoek word, is: wat is die posisie van die wit skeppendevrau in Suid-Afrika en hoe word hierdie posisie ingeskryf in die diskoers van dieAfrikaanse letterkunde? In samehang hiermee word gelet op kwessies soos subjektiwiteit,beskrywing van die objek, asook die subjek se posisie met betrekking tot die tradisiewaarin sy die teks inskryf.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文