已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
The comparative and functional cranial morphology of the early Therocephalia (Amniota: Therapsida)
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING:Die skedelmorfologie van die vroeë Therocephalia wordbespreek op historiese, anatomies-vergelykende en taksonomiesegrondslag. Daar word aangetoon dat die familienaamScylacosauridae voorrang geniet bo die algemeen aanvaarde naamPristerognathidae en dat ander historiese familiename binnedie Therocephalia, te wete Alopecodontidae en Ictidosauridaeongeldig is en gevolglik binne die parameters van die enkelefamilie Scylacosauridae resorteer.Nuwe eksemplare het ook aan die lig gebring dat 'ndigotomie binne die vroee Therocephalia bestaan en dat 'ntweede takson, gebaseer op 'n groot aantal anatomiesekenmerke, gevolglik uitgeken kan word. Die familienaamLycosuchidae is beskikbaar vir hierdie takson.Al die geldige taksa wat voorheen in diePristerognathidae, Lycosuchidae, Alopecodontidae enIctidosauridae gegroepeer is, resorteer dus binne hierdie tweegroepe. 'n Groot aantal taksa bestaan in die literatuur asgevolg van swak gepreserveerde eksemplare wat verkeerdgeidentifiseer is. 'n Besondere poging is dus aangewend om aldie eksemplare op 'n meer objektiewe grondslag te beoordeel.As gevolg hiervan het die aantal geldige taksa drastiesafgeneem. Die Lycosuchidae word verteenwoordig deur die enkele takson Lycosuchus en die Scylacosauridae deurScylacosaurus, Pristerognathus, Pardosuchus, Ictidosaurus,Glanosuchus en Alopecodon.Kladistiese analise van die afkomskenmerke toon dat dieScylacosauridae nader verwant aan die res van dieTherocephalia is as aan die Lycosuchidae. Die Lycosuchidaeword dus beskou as die sustergroep van die Scylacosauridae +die res van die Therocephalia.Numeriese en alfabetiese lyste van al die eksemplare watooit in die bostaande families geplaas is, word verskaf. Elkeeksemplaar word uitvoerig bespreek en fotografiesgedokumenteer met behulp van stereofotos in 'n poging om dieevaluering daarvan so objektief as moontlik te maak en om dieleser wat nie die eksemplare eerstehands kon inspekteer nie,te help.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文